Tuesday, October 20, 2009

Maak ’n Aantekening ...............


1. Die beste manier om iemand terug te kry is om te vergewe...
2. Voed jou geloof en jou twyfel sal sterf van die honger...
3. Tensy jy die HELE skepping kan skep in 5 dae, is dit miskien nie so goeie idee om vir God voor te skryf nie.
4. Hartseer kyk terug, bekommernis rondom heen en geloof na bo....
5. Suksesvolle huwelike is nie om die regte persoon te vind nie maar om die regte persoon te wees...
6. Dit is nie verkeerd om so nou en dan op jou selfbejammerings potjie te sit nie, maak net seker dat jy dit spoel wanneer jy klaar is...
7. As die gras groener is aan die ander kant van die draad kan jy verseker wees dat die water rekening ook hoër is...
8. Woede is ’n toestand waar die tong vinniger werk as die verstand...
9. Jy kan nie die verlede verander nie, maar jy kan die huidige ruïneer deur te bekommer oor die toekoms...
10. God gee altyd Sy beste aan hulle wat die keuse aan Hom oorlaat...
11. Alle mense glimlag in dieselfde taal...
12. ’n Drukkie is ’n groot geskenk ........ “one size fits all”...
13. Almal verdien om bemin te word.... veral hulle wat dit nie verdien nie...
14. Die werklike maatstaf vir ’n man se rykdom is wat hy belê het in die lewe hierna...
15. Elke een het skoonheid maar nie almal sien dit nie...
16. Dank God vir wat jy het en VERTROU HOM vir wat jy benodig...
17. Indien jy jou hart vul met verwyte oor gister en die bekommernisse van môre, het jy geen vandag om voor dankbaar te wees nie...
18. Indien iemand iets slegs van jou sê, leef so dat niemand dit glo nie...
19. Geduld is die vermoë om jou “engine te laat idle” terwyl jy voel jy wil jou” gears strip”...
20. Harde woorde breek nie bene nie maar wel harte...
21. Liefde word versterk deur saam deur konflik te werk...
22. Om uit die moeilikheid te kom, moet mens gewoonlik daardeur...
23. Ons neem as vanselfsprekend die dinge aan waarvoor ons moet dankie sê ...
24. Liefde is die enigste ding wat verdeel kan word sonder dat dit minder word...
25. Neem tyd om te lag want dit is die musiek van die siel...

Tuesday, October 13, 2009

Die Waarde van Onderwysers


Daar is ’n pragtige legende van ’n koning wat besluit het om ’n spesiale dag uit te roep waarop die belangrikste onderdaan in sy ryk vereer sou word.
Toe die groot dag aanbreek was daar al wat leef en beef versamel in die paleis se binnehof.
Vier finaliste is voor die koning gebring.

Die eerste persoon wat voorgestel is was ’n skatryk filantroop. Die koning is meegedeel dat die man ’n uitstekende kandidaat is vir die titel vanweë al sy humanitêre pogings. Hy het baie van sy rykdom afgestaan aan die armes om hulle te help.

Die tweede was ’n gerespekteerde dokter. Die koning is meegedeel dat hy ook ’n goeie aanspraakmaker is omdat hy reeds vir jare pligsgetrou en baie liefdevol die siekes versorg het.

Die derde persoon was ’n vername regter. Die koning is meegedeel dat sy verdienstelikheid baseer is op sy besonderse wysheid, die regverdigheid wat hy toepas en die briljante besluite wat hy neem.

Die vierde persoon wat voorgestel is was ’n ou dame gewees. Almal was opsigtelik verbaas om haar te sien want haar voorkom en kleredrag was baie nederig. Sy het skaars gelyk soos iemand wat vereer kan word vir hul groot en belangrike rol wat hul vervul in die koninkryk.
Watter kans staan sy gemeet teen die ander drie kandidate? Maar afgesien van haar voorkoms was daar iets spesiaals omtrent haar ........ die liefde wat uitstraal uit haar gesig, haar stille selfvertroue.

Die koning het dit baie interessant gevind en was ietwat verbaas oor haar insluiting in die groep. Hy het gevra wie sy is.
Een van die onderdane antwoord: “Majesteit, u sien die filantroop, die dokter en die regter? Wel, sy was hul al drie se onderwyser!”

Friday, October 2, 2009

Karakter of Reputasie ?


Karakter of reputasie. Wanneer ons die twee woorde bymekaar sien dink ons soms onwillekeurig dat die twee saam hoort, jy kan nie die een hê sonder die ander nie en hulle kan nie van mekaar geskei word nie.

Reputasie in ’n neutedop is wat ander mense rondom ons van ons dink. Dit is in werklikheid die opinie wat ander mense van ons het betreffende wie en wat ons is en die motiewe wat hulle glo ons het om dinge te doen soos ons dit doen.

Ons kan ’n “goeie” reputasie of ’n “swak” reputasie hê. Alhoewel ons moet besef dat beide van dié relatief is en dat ’n “goeie” of “swak” reputasie is slegs die opinie van die beoordelaar.

Baie meer waardevol is ons Karakter. Karakter in ’n neutedop is wie ons is wanneer niemand ons gewaar of sien nie. Dit is nie slegs die gesig in die spieël nie, maar die “gesig agter die gesig”.

’n Persoon wat sy lewe vir Yahweh gegee het en so van Vader se karakter eienskappe ontvang het, is iemand wat vas kan bly staan wanneer die storms van valse aantuigings, insinuasies, naam skending en verkleinering in felheid teen hom aanstorm. Hulle bly rotsvas te midde van al die aanslae en alhoewel hulle die pyn in hul harte ervaar en dit ook baie werklik is vir hulle, gee hulle nie moed op nie en kan die depressies en hartseer hulle nie oorwin nie.

Josef was valslik beskuldig deur Potifar se vrou in die Ou Testament. Josef was gestroop van sy belangrike en hoë posisie in Potifar se paleis en in die gevangenis gewerp. Ons kan sê dat sy “reputasie” vernietig was. Hy het 12 jaar in die gevangenis deurgebring, die “slagoffer” van ongegronde beweringe. Maar te midde van alles het sy karakter sterk gebly!

Selfs in die gevangenis het hy nie toegelaat dat hy wegkwyn in verbittering of planne beraam om wraak te neem op die wat hom kwaad aangedoen het nie. Hy het geweet dat sy dag sal kom, dat geregtigheid sal seëvier. Karakter ken nie tyds beperkinge nie.

Soos jy weet, het Josef se dag wel aangebreek en hy was tweede in bevel van die hele Egipte en kon hy die reddings werk waarvoor hy bestem was vir sy volk volbring deur die voorsiening van voedsel tydens die groot hongersnood.
Karakter laat hom nie pootjie deur die huidige omstandighede nie maar sien die moontlikhede van môre en die dag daarna.

Reputasies kom en gaan. Karakter sal jou staande hou deur die storms.
Ontwikkel karakter en dit sal jou nooit beskaam laat nie.

Die Pad en die Reis

Wednesday, September 16, 2009

My Naam is Skinder


Ek het geen respek vir geregtigheid nie.
Ek kwes sonder om te dood.
Ek breek harte en ruïneer lewens.
Ek is uitgeslape en kwaadwillig en word sterker hoe ouer ek word.
Hoe meer ek aangehaal word hoe meer word ek geglo.

Ek floreer op elke vlak van die gemeenskap,
en is ewe tuis in enige sosiale kring.
My slagoffers is hulpeloos teen my aanslag.
Hulle kan nie hulself teen my beskerm nie.
Want ek het geen gesig waaraan ek herken kan word nie.

Om my te agtervolg en op te spoor is onmoontlik.
Hoe harder jy probeer hoe, meer ontwykend raak ek.
Ek bring skinder kinders voort sonder getal,
die een meer genadeloos as die ander.
Ek is niemand se vriend nie.
Wanneer ek eers iemand se reputasie beswadder het,
is dit nooit weer dieselfde nie.

Ek laat regerings steier, breek huwelike op en verwoes loopbane…
Ek veroorsaak slapelose nagte, hartseer en verdriet.
Ek bring vertwyfeling voort en wek hartseer op.
Ek maak dat onskuldige mense hulself aan die slaap huil in hul kussings.
Ek behaal hoof opskrifte en besorg hoof brekings

Voordat jy ‘n storie herhaal, vra jouself….

Is dit waar?

Is dit regverdig?

Is dit nodig?

Indien nie….
Bly Stil !!

Tuesday, September 15, 2009

Saturday, September 12, 2009

Vriendskap