My seun Gilbert was agt jaar oud en was deel van die
"scout cub's" vir ʼn klein rukkie.
Tydens een van hulle byeenkomste het elkeen ʼn vel
papier gekry, ʼn stuk hout en vier wiele en hulle was aangesê om dit huis toe te neem en vir "pa"
te gaan gee.
Vir Gilbert was dit nie ʼn maklike taak nie.
Pa was nie een van daardie mense wat graag iets saam
met sy seun gedoen het nie, pa het geglo dat ʼn kind maar sommer self moet
grootword.
Maar Gilbert het hard probeer en elke dag vir pa gevra
vir sy hulp.
Pa het die vel papier geneem, die voorskrifte gelees
en dit smalend eenkant gegooi.
Hy was beslis nie van plan om saam met sy jong seun
n houtkarretjie te bou nie. Die blok hout het vir weke daar eenkant gelê.
Die tyd het verby gegaan. Eendag het ma besluit genoeg
is genoeg, sy het die vel papier geneem en gekyk of sy miskien iets met die
stuk hout en vier wiele kon uitrig.
Projek "motor bou" het begin in alle
erns. Sy het nog nooit houtwerk gedoen nie, en die beste wat sy kon doen was om
stap vir stap vir Gilbert te verduidelik wat gedoen moes word, en hom die werk laat
doen.
Hy was so gretig dat hy baie entoesiasties alles gedoen
het wat ma verduidelik het. Sy het die mates vir hom gelees, en al die moets en
moenies van die motor wat gebou moes word.
Binne weke het die stuk hout vorm begin aanneem en
was die buitelyne van die sportmotor al duideliker sigbaar. Effens skeef en
krom, maar baie mooi, (of so het ma gedink). Gilbert het nie een van die ander
kinders se motors gesien nie, en was baie trots op sy "blou weerlig
blits" van n motortjie.
Daardie trots wat jy voel as jy iets self met
groot gesukkel reggekry het.
Toe breek die groot aand van die wedren aan. Met sy
blou hout motortjie in sy hand, en ‘n hart wat wil bars van trots het ons na die
veld gery waar die groot wedren van hout motortjies sou plaasvind. Toe ons daar
aankom het Gilbert se trots baie gou
in vernedering verander.
Sy motor was baie duidelik die enigste een wat
deur hom alleen gemaak was.
Al die ander motors was baie duidelik ‘n seun / pa vennootskap, met stylvolle lyne, en
baie "cool" geverfde strepe.
Regte sportmotortjies wat gebou is om die
maksimum spoed uit te kry.
'n Paar van die seuns het sommer hardop begin
giggel vir Gilbert se skewe, onaantreklike selfgeboude motor. En om dit nog
erger te maak was Gilbert die enigste seun sonder 'n pa aan sy sy. Daar was 'n
paar seuns van enkel ouerhuise maar hulle het darem 'n oupa of 'n oom saam met
hulle gehad, en al wat Gilbert gehad het, was "ma".
Die wedloop het begin en dit was gedoen deur middel van eliminasie. So lank as wat jy
onder die voorste paar was, het jy in die wedloop gebly.
Een vir een het die motors by die sand glybaan afgejaag.
En uiteindelik was die wedloop tussen Gilbert en die mooiste motortjie van die
aand.
Toe die laaste wedloop reg is om te begin, het my
grootoog, skaam seuntjie gevra of hy die wedloop net met 'n oomblik kan
vertraag, omdat hy eers wil bid.
Almal het stil geword. Gilbert het op sy knieë neergesak en sy snaakse skewe blou motortjie
tussen sy handjies vasgehou.
Met 'n ernstige frons op die sproetgesiggie het
hy met sy Hemelse Vader in gesprek gegaan, baie ernstig het hy vir ‘n minuut en
‘n half gebid, toe staan hy op, glimlag
vir almal en kondig ewe braaf aan:
OK, ek is gereed.
Die skare het begin skree, en 'n seuntjie genaamd
Tommy het langs sy pappa gestaan terwyl die twee motortjies teen die wal af
jaag.
Gilbert het alleen gestaan, met net sy Hemelse Vader
in sy hart en gekyk hoe sy lelike skewe motortjie met verbasende spoed teen die
wal afry, en met 'n sekonde of twee voor Tommy se motortjie oor die wenstreep jaag.
Gilbert het in die lug opgespring en geskee: "Dankie,
Dankie" en die skare het hulle
goedkeuring uitgeskree.
Die organiseerder het met die mikrofoon na Gilbert
gekom en vir hom gevra: "Gilbert, het jy gebid om te wen?" en toe
antwoord my kind:
"O, nee, Meneer, dit sou baie onregverdig van my gewees
het om te verwag dat ons Hemelse Koning moet gee dat Tommy verloor, sien
meneer, ek het net vir Hom gevra om my te help dat ek nie huil as ek verloor
nie."
Weereens kan die wysheid van kinders ons verstom.
Gilbert het nie Vader gevra om die uitslag
van die wedloop in sy voordeel te laat swaai nie, maar hy het Hom gevra vir
krag, ongeag wat die uitslag van die wedloop was.
Toe Gilbert die eerste keer al die ander motors sien,
het hy nie Vader beskuldig omdat al die ander seuns pa's gehad het wat hulle
gehelp het, en hy net vir ma gehad het nie.
Nee hy het net gebid vir krag om die uitslag met waardigheid
te aanvaar.
Miskien spandeer ons teveel tyd om Sy Majesteit
JeaHUaH te vra om die uitkoms van ons lewenswedloop in ons guns te laat swaai.
Om ons die wenners te maak, of miskien spandeer
ons te veel tyd om Sy Majesteit JeaHUaH te vra om die wedloop heeltemal te
verwyder, in plaas daarvan om op ons knieë neer te sak en Hom te vra om ons krag te gee
om die wedloop met waardigheid te voltooi.
Gilbert het nie gebid om die ander seuntjie te laat
verloor nie, dit was onregverdig in sy oë, en dan het iemand in die proses
seergekry, hy wou net krag hê, krag om nie te huil as Tommy se motortjie gewen
het nie.
Deur die wedloop te stop, en eers te bid, het hy vir
almal daar gewys dat hy nie daar was sonder 'n Vader nie, sy Hemelse Vader was
die hele tyd by hom.
Daardie aand het Gilbert as oorwinnaar weggestap, met
sy Vader langs hom.
No comments:
Post a Comment