‘n Blinde
seuntjie sit op die trappie van die groot gebou met sy hoed by sy voete. Hy het
‘n karton baniertjie waarop geskryf staan: “Ek is blind, help asseblief.”
Daar was
slegs ‘n paar muntstukkies in sy hoed
‘n Man het
by die seun verby gestap. Hy het so oomblik stil gestaan en ‘n paar munte uit
sy sak gehaal en in die hoed gegooi.
Hy neem toe
die karton baniertjie by die seuntjie en skryf ‘n paar woorde agterop die
karton. Hy plaas die baniertjie terug in die seuntjie se hande met die kant wat
die nuwe woorde wat hy geskryf het toon aan die verbygangers.
Kort voor
lank begin sy hoed sommer vinnig vol raak. Baie meer mense het nou geld vir die
seuntjie gegee.
Daardie
middag kom die man wat sy teken herskryf het terug om te sien hoe dit nou gaan
met die seuntjie. Die seuntjie herken die man se voetstappe en vra aan hom,
“Was jy die
man wat vanoggend my banier herskryf het?”
“”wat het
jy op my banier geskryf?”
Die man
antwoord, “Ek het slegs die waarheid geskryf. Ek het presies gesê wat jy gesê
het, maar slegs op ‘n ander manier.”
Wat hy
geskryf het, was: “Vandag is ‘n pragtige dag en ek kan dit nie sien nie.”
Dink jy die
eerste en die tweede banier het dieselfde gesê?
Natuurlike
het beide tekens gesê die seuntjie is blind. Maar die eerste teken het
eenvoudig gesê die seun is blind. Die tweede teken het mense vertel dat hulle
gelukkig kan wees hulle is nie blind nie.
Soms is dit
slegs ‘n kwessie van hoe ons na ‘n saak kyk, van weerskante af.
Die mooiste
is om iemand te sien glimlag!
en nog
mooier, is om te weet jy is die rede daarvoor !
No comments:
Post a Comment