Woensdag, Februarie 28, 2013
08:41
Hierdie man se ongelooflike getuienis van 'n reis na die hemel en sy
besoek aan JaHshua / Jesus was slegs gedurende die afgelope weke openbaar
gemaak.
HIER IS DIE AFRIKAANSE WEERGAWE VAN HIERDIE
VERHAAL.
DROOM
Ek was grootgemaak as 'n ateïs. Heeltemal Godloos. Nie eers agnosties
nie. Geen gode .. feetjies .. kersvaders of hasies nie... in absoluut niks
geglo nie. Ek het al die moeilikheid en verwarring gesien wat dit veroorsaak
het en wou niks daarmee te doen gehad het nie. Ek sien gedurig hoe Christene
veg en debatteer, terwyl hulle al die tyd skynheilig is. Ek sien New Agers wat
nie 'n idee het waarin hulle eintlik glo nie, en wat heeltyd in sirkels beweeg.
Ek sien hoe al die ander gelowe almal hul koppe teen 'n muur slaan, maar hulle
bereik niks, behalwe hoofpyn nie. Ek wou geen deel daaraan gehad het nie, en
wil nog steeds nie.
Maar ek het 'n droom/visioen gehad toe ek 15 was wat my lewe verander
het, maar dit het nie in werking getree tot sowat 'n jaar gelede nie, en
volgens die droom, sal dit nie tot ná môre (28 Desember 2012), wanneer ek 44
word, in vervulling gaan nie.
Ek was 15 ... nog 'n kind .. maar gewonder waaroor alles gegaan het,
aangesien alles so heeltemal nutteloos en sonder 'n rede of 'n doel gelyk het.
Om 'n ateïs te wees is die sinnelooste lewe wat 'n mens kan lewe .. so
doelloos, leeg en sonder betekenis.
En soos alle kinders het ek `n doel en betekenis nodig gehad. Dus die
droom/visioen ...
Dit was 28 September 1984 .... 'n dag wat ek nooit sal vergeet nie,
omdat dit diè dag was waar my lewe heeltemal UIT my hande geneem is, en ek het
besef dat nie een van ons werklik 'n keuse het nie ... slegs 'n wil gelei deur
die EEN wat die keuses maak.
Ek onthou so duidelik .. het op my bed gesit daardie aand ... uit die
venster na die sterre gekyk. Gewonder waarom hulle daar was .. watter doel
hulle gedien het .. indien enige. Ek onthou dat ek dieselfde ding van myself
gevra het .. wat was my doel .. het ek het 'n doel ... of was dit alles
nutteloos. 'n Illusie .. betekenisloos en dood?
Daardie nag het ek op my bed gaan lê .. nog steeds gewonder waaroor
alles gegaan het ... en ek het 'n droom .... of 'n visioen gehad .. nie seker watter
een van die twee nie, maar dit was ongelooflik helder .. Ek was daar .. kon
voel .. hoor .. ruik ....
Waar was ek?
(Hou in gedagte dat ek tot op daardie tydstip nog nooit in 'n Bybel of
enige godsdienstige boek gekyk het nie .. wat ek dus sou sien, was nie voorheen
daar geplant nie)
Een oomblik was ek op my bed .. in 'n halfwakker halfslaap toestand ..
jy kan dit 'n geestesvervoering noem. Daardie sone waarin jy steeds nog bewus
is, maar ook .. nie bewus is nie. Ek het my meer as 200 meter in die lug bevind
... 'n lug wat NIE lug was soos ons dit ken nie. In skok het ek rondgekyk... ek
was daar .. dit was geen droom nie .. Ek was aanvanklik paniekbevange en ek het
gedink ek is dood .. en vir al wat ek geweet het .. was ek.
Nadat ek van hierdie "skok" herstel het, was ek in staat om
rondom my te kyk .. waar ek was ... en wat ek gesien het .... Uitgesprei rondom
my in elke rigting na 'n horison wat nie daar was nie .. was die mees
ongelooflike landskap wat ek nog ooit gesien het. Geen majestieuse toneel op
aarde kan hiermee vergelyk word nie .. asemrowend (“awesome”) .. die OMVANG
daarvan ... eindeloos .. en solied en werklik.
Massiewe woude .. parke .. majestieuse magtige berge .. oseane die
grootte van die aarde self .. en mere so groot soos oseane.
Watervalle 'n honderd kilometer hoog .. magtige riviere wat wemel van
lewe .. kristalhelder ... die bome ... klein en groot .. kleurvol ..
gedetailleerd .. elkeen uniek en sommige vol blomme met aanskoulike en helder
kleure .. sommige vol vrugte met vreemde vorms en kleure.
ALLES was lewend .. met 'n lewe wat LEWEND was .. nie net lewende dinge
nie .. maar LEWENDE wesens .. hulle was nie net lewend nie .. hulle WAS lewe in
hul wese ... elke blaar .. elke grashalm .. skepsel en vis .. voël en reptiel
.. was nie NET lewend nie .. dit was asof lewe uit hulle uitgevloei het ...
Hierdie magtige en majestieuse landskap het net aan en aan gegaan.
Wat ek gedink het klein heuwels in die verte was, blyk toe magtige
bergreekse te wees, wat die Himalajas soos 'n sleg uitgedinkte grap laat lyk
het.
Die waterval by my aankoms aan my linkerkant ... WOW ... dit was (ek het
later uitgevind) meer as 300 km van waar ek gedryf het .. en selfs op daardie
afstand was dit so uiters manjifiek ... dit het hoër en hoër gestyg bokant
ooghoogte .. soos om by 'n rivier OPWAARTS te kyk... Dit het aan die kant van
'n "klein" (in vergelyking met sommige van die ander berge daar) 100
kilometer hoë rotswand afgeloop... en geval .. en gestroom .. majestieus .. en
reënboë in sy magtige mis vertoon...
Ek kan aan en aangaan oor die details .. maar ek gaan bly by die
hoofdeel ... en dit is .. WIE staan "of dryf" daar langs my .. wie ek
tot op daardie oomblik nie opgemerk het nie ..
Ek draai my na regs ... en ... wow ... daar was hierdie ou ... en ek het
onmiddellik GEWEET dat hy die Skepper van alles was wat ek gesien het. Ek het
nie Sy naam geken nie .. Ek het net GEWEET dat HY verantwoordelik was vir alles
..
Hy was ongeveer 6 voet ... medium gebou .. sterk .. tog soepel .. het 'n
aura van gesag oor hom gehad .. soos 'n magtige vegter wat enigeen met gemak
kan slaan .. en dit GEWEET het .. maar was beskeie, vriendelik en het nie
daaroor gespog nie.
Sy hare was wit ... maar nie van ouderdom nie .. meer 'n simbool van
reinheid tipe wit. Soos 'n regter wat 'n wit pruik as 'n simbool sou gedra het.
Maar hierdie hare was geen pruik nie. Dit was sy eie.
Hy het 'n soort kleed gedra .. nie antiek nie .. tog nie modern nie.
Soos 'n koninklike staatskleed. Oor sy bors van regterskouer tot linkerheup was
'n rooi/pers serp ongeveer 6 duim breed, verweef met goud drade.
Die kleed het net tot bokant sy enkels gegaan. Hy het sandale aangehad.
Maar dit het nie antiek gelyk nie. Meer van 'n moderne voorkoms. Maar toe ek
daar kyk .. na sy voete ... het ek gate in hulle gesien ... Toe, met 'n skok ..
het ek het sy hande gesien .. hulle het ook gate in hulle gehad .. net aan die
einde van sy gewrigte .. elke gat sowat `n halfduim breed. Daar was geen bloed
nie en die wonde was nie gesweer of afskuwelik nie. Hulle .. was as 'n
statussimbool gedra .. 'n merk .. meer as 'n irriterende wond. Ek het die drang
gehad om te kniel .. maar het besef dat ek nie 'n liggaam gehad het om te kniel
nie.
Ek het net na hom gekyk .. en GEWEET dat Hy elke gedagte kon lees ... en
Hy het geweet dat dit my bedoeling was om te kniel as ek maar net kon.
Hy het geweet.
Hy het net vir my geglimlag .. vreugde wat in sy oë geblink het .. oë ..
so .. blou .. goud .. groen ... alle kleure .. vuur .. oë van vuur .. soos 'n
opaal met manjifieke glans.
Dit het gelyk of hy 'n ware .. vriendelikheid .. geluk .. totale vrede
.. uitgestraal het, tog algehele en magtige gesag.
Jy voel op jou gemak met hom .. tog ook so nederig.
Ek het uiteindelik vir Hom gesê (wel .. ek het dit gedink) .... "U
is God?"
Hy het net eenvoudig gesê... "(EK IS)"
Ek het by myself gedink: "Dit kan nie waar wees nie .. Daar IS geen
"God " nie ... ek verbeel my dit alles .. dit MOET wees ..." Hy
het selfs breër geglimlag .. as dit moontlik was .. asof Hy geamuseerd was vir
my eenvoudige, maar sekere geloof in niks. Dit was nie 'n snedige genot wat Hy
gevoel het nie .. dit was meer soos wat jy sou glimlag as 'n kleuter iets oulik
sou sê.
Hy sê, wel wetend van my beroeringe en gedagtes, "Kom .. laat ek
jou lotsbestemming vir jou wys" terwyl ons begin beweeg deur hierdie
"Lug" wat nie lug was nie ... dit het gevoel asof ons teen ongeveer
60 km per uur weggedryf het. Ek was in staat om die spoed wat ons beweeg het,
te meet, want ons het oor 'n tipe van `n snelweg met bome wat op gelyke
afstande geplant is, gedryf.
Dit was 'n dubbel hoofweg .. in twee verdeel deur 'n rivier. Die rivier
was ongeveer 40 meter breed .. helder soos kristal .. so suiwer en so
aanloklik. Vir een of ander rede het ek die drang gehad om daarin te gaan swem
... selfs al het ek nie eintlik 'n vaste liggaam gehad nie.
Die hoofweg was ongeveer 15 meter breed aan elke kant van die rivier. En
op 'n afstand van ongeveer 200 meter uitmekaar was daar brûe. Daar was mense
daar onder ons .. gewone .. mense .. sommige geklee in moderne gewaad ..
sommige in bekleding soos togas .. sommige wat niks aangehad het nie maar lig
.. as dit moontlik was. Almal was mense .. hulle het gelyk asof hulle so 25
jaar oud kon wees .. gesond .. lewendig .. solied en werklik.
Ek het ook kinders gesien .. wat in die rivier gespeel het .. hulle het
gelag en van die brûe af in die water gespring. Gelag .. baie gelag en vreugde.
Dit was asof dit hierdie wonderlike plek deurdring het. Hier en daar tussen die
mense het ek wesens gesien .. SOOS mense, maar anders. Langer ... kragtiger ..
tog minsaam. Met die mense gesels .. met hulle saamgeloop.. sommige het boeke
en ander dinge gedra. Dit het gelyk asof hulle opdragte gee .. en ook opdragte
ontvang. Asof hulle ook geleer het. (Hierdie, dit blyk engele te wees .. en NEE
.. hulle HET NIE vlerke gehad nie!)
Ek het banke gesien .. tafels .. onder die bome langs die rivier
geplaas. Mense en wesens het saam gesit en gesels .. geglimlag .. gelag ..
sommige diep ingedagte of in gesprek .. sommige was lighartig, sommige was
ernstig .. asof hulle `n nuwe openbaring bedink wat hulle nou net ontvang het.
In geheel gesien was dit 'n baie besige .. tog baie ontspanne toneel.
Die bome self was verbasend. Magtige takke .. uitgesprei in majestieuse sonskerms
van lewe oor die rivier en die banke hieronder. Ek het vrugte in die bome
gesien .. goud .. groen .. oranje .. pers .. blou .. alle vorme van kleur. Hier
en daar het mense die vrugte gepluk en dit so terloops geëet .. asof dit net `n
heel “natuurlike” ding was om te doen ... en daar was geen brokstukkies nie.
Daar het geen pitte of skille oorgebly nie.
Mense het opgekyk na ons, toe ons bokant hulle verbygaan. Hulle het
gewaai en geglimlag .. vir BEIDE van ons .. Ja .. ek was baie sigbaar vir hulle.
Ek was nie seker hoe om terug te waai nie .. want ek het geen liggaam
gehad om mee te waai nie.
"Jahshua" of
"Jesus" of wat jy hom ookal wil noem ... het terug gewaai ..
geglimlag .. gelag .. vreugdevol en vreedsaam tussen Sy skepsele.
Ek het vooruit gekyk .. wat voor ons gelê het. Ek het velde gesien.
Aaneen uitgestrek ... ek het hier en daar kolletjies lig gesien in hierdie
velde.
Ek het gevra "JasHua", "wat is daardie ligte?" Hy
het gesê .. "Dit is stede .. of dorpe. Wonings en handelsentrums".
"Handel" het ek gedink? Tot watter NUT is handel in hierdie plek?
Hy het net na my gekyk en geglimlag .. en gesê: "jy sal binnekort
weet .. kyk .. daar is ons bestemming" het Hy gesê .. en direk na die
einde van die hoofweg gewys ...
Ek het gekyk .. vêr, vêr vorentoe ... dit het gelyk soos duisende
kilometers .. in die verte ... daar was 'n helder lig .. soos 'n briljante
sonsopkoms .. multi-gekleurde .. stralende onbeskryflike kleure... en die
musiek ... jy kon die musiek VOEL waarvandaan dit gekom het. Dit was oral ..
maar ek was nie eintlik bewus daarvan nie, totdat ek daarop gekonsentreer het.
Harmonie .. suiwer harmonie .. styging van een strofe na die volgende ... om 'n
crescendo te bereik .. net om weer te vervaag vir die volgende fase .. om
aanhoudend op te bou na 'n klimaks .. maar bereik dit nooit nie .. musiek
sonder ritme .. sonder einde .. tydloos .. ewig .. suiwer ..
Ek was STOMGESLAAN ... niks op die aarde was soos hierdie musiek van
kleur vermeng met klank nie ... as ek 'n liggaam gehad het, sou ek binne vyf
sekondes van pure vreugde ontplof het van blootstelling aan hierdie ewige
simfonie ... Ek was omring daardeur vanaf die oomblik dat ek hier aangekom het
.. maar nie tot op HIERDIE oomblik het ek eintlik daarop gefokus nie ..
Ek was aangegryp (hooked) ...
Ek het (of in gedagte) in stomgeslane verbasing gesê... "WAT is
DIT?"
Hy het geglimlag en eenvoudig gesê .. ".. DAARDIE is die hoofstad
.. waar my vader woon .. en waarheen ons nou gaan"
So het ons dus voortgegaan. Die hele tyd was Hy in gesprek met my ..
maar ek het nie werklik aandag gegee daaraan nie. Ek was heeltemal opgetrek met
waarheen ons op pad was .. gepoog om myself te verloor in die ewige lied ... Ek
wou die liedjie WEES .. wou daarmee aansluit.
Maar ek het probeer so hard as wat ek kon, ek kon nie heeltemal die
vloei daarvan verstaan nie. Dit het van die een oomblik na die volgende
verander, altyd stygend na 'n nuwe en unieke strofe .. en net wanneer ek gedink
het ek "Het" dit, en wou daarmee saam neurie .. sou dit saamvloei en
verander in iets nuuts .. en geen twee strofes word OOIT herhaal nie .. elkeen
is uniek .. elkeen 'n meesterstuk .. om nooit weer gehoor te word nie .. soos
wat altyd nuwe strofes geskep en saamgevloei word in die geheel .. om altyd op
te bou .. altyd te groei .. altyd nuut .. altyd .. heeltemal sonder beskrywing.
Hy het aanhou praat met my .. my vertel van gebeure wat in my lewe sou
plaasvind .. hoofpunte en draaipunte in my lewe wat voorlê. Ek was half bewus
van wat Hy gesê het .. maar Hy het geweet ek was verlore in die liedjie.
En dit is die rede waarom Hy gewag het totdat ek verlore was in die
liedjie om dit vir my te sê. Omdat alles wat Hy my oor my lewe vertel het, in
my bewuste vlak vergete geraak het .. soos 'n half onthoude droom. Maar soos wat
elke gebeurtenis werklik plaasgevind het in my lewe, sou hierdie geheue opkom
.. soos 'n helder Deja Vu .. en dit sou alles duidelik wees ... en ek sou
hierdie gebeurtenis GEKEN het .. goed of sleg .. en dit was ALLES deel van die
plan.
Ons het gereis, - dit het gevoel soos die dae ... of ure .. of minute ..
dis moeilik om tyd te beskryf in 'n plek wat geen tyd het nie. Hy het my hele
lewe voor my uitgelê .. vanaf bevrugting tot geboorte, tot op die hede (op
daardie tydstip was ek 15) tot aan die verste einde .. wat nou slegs 'n paar
jaar weg is .. waar Hy deur die gebeure en hul volgorde gegaan het.
Môre word ek 44 .. (28 Desember 2012) DAARDIE jaar is DEURSLAGGEWEND vir
my (EN .. vir die wêreld as 'n geheel).
En waarom? .. wel .. dit is iets wat Hy gesê het toe ons die hoofstad
bereik het. Ek sal binnekort daarby uitkom .. want ek wil die hoofstad beskryf
.. dit is asemrowend (AWESOME) .. en `n ongelooflike meester bouwerk en mal
argitektuur .. (mal soos in AWESOME .. nie gek nie). Soos wat ons naderkom, het
die musiek nie "Harder" geword nie .. dit was dieselfde volume ongeag
waar jy jou bevind het. Maar die vertoon van lig wat daarmee saam was, het
steeds helderder geword.
Die kleure het gevloei met die musiek .. elke golf van sprankelende vuur
.. gekleurde vuur ... het deur die klanke gevleg soos wat dit uit die sentrum
uitgespruit het .. soos `n ontploffing van dansende vuurwerke tesame met die
musiek. Die klanke was die kleure .. en die kleure was die bron van die klanke.
Die sentrum .. waar die helderheid uitgespruit het, het gelyk asof dit
nog honderde kilometers vêr was ... nog steeds op hierdie onmoontlike horison
wat nie 'n horison was nie .. en op hierdie stadium het ons die buitewyke van
die hoofstad bereik .. en WOW ....
Ek het die eerste geboue gesien. Regtig beskeie. Redelikerwys
"eenvoudig" .. in vergelyking met dit wat ek dieper in gesien het.
Maar selfs hierdie "eenvoudige" strukture het alles op aarde beskaam.
Neem jou basiese pondok daar as voorbeeld ... die LAAGSTE van die eenvoudige
geboue ... ek het spesifiek op een gefokus, net om in my geheue in te brand wat
die MINSTE van die skeppende magte van die meester bouer was .. Dit was omtrent
die grootte van jou gemiddelde huis hier op aarde.
Dit was gebou uit suiwer elemente.
Daar was geen stene van sement nie .. geen allooie of mengsels nie. Elke deel
van daardie gebou was suiwer elemente. Byvoorbeeld .. die vensters .. geraam
met 'n ryk ebbehout substans, gepers met goud are.
Elke ruit was .. wat GELYK het soos suiwer diamant .. of kristal. Die
mure van die huis was soos 'n tipe maansteen .. ondeursigtig .. tog solied. Lig
het in en deur die mure self gevloei .. soos 'n optiese veselkabel in sy
werklike toepassing.
Die lig is vanuit alle hoeke geneem en is vergroot regdeur die huis. Die
vensters het die lig in wonderlike kleure gebreek en het die binnekant versier
met fantastiese kleur reënboë .. dan het die mure die lig geabsorbeer en
vergroot, en dit stromend na buite gestuur .. na die huis langsaan .. en die
proses het herhaal .. vanaf elke huis .. almal deel van hierdie wonderlike
visuele vertoon en het dit versterk dit tot by sy piek .. net om dit weer te
stuur na die volgende woning .. en die volgende ...
Ek was heeltemal stomgeslaan ... WAT 'n ontwerp! .. en die verstand van
die een wat het hierdie wonderlike idee van optiese glans uitgedink het, moes
onpeilbaar wees.
Ek het na die Skepper daar langs my gekyk... verbaas oor hoe briljant Hy
was .. dat selfs die "Eenvoudigste" van sy gebou-ontwerpe duisende
ligjare bo die briljantste breinvermoë op aarde was.
Ek het Hom met 'n toenemende respek .. en ontsag bekyk .. Hy het net na
my gekyk en weer geglimlag .. terwyl Hy die oomblik geniet .. soos wat jy die
voorkoms op jou kind se gesig geniet wanneer hy met ontsag iets sien waaraan sy
pa tyd en moeite spandeer het, NET vir jou ... 'n tipe vakmanskap trots .. `n
bevrediging van 'n taak wat goed afgehandel is.
Ja .. Hy geniet die skepping van al hierdie bouwerke .. Hy geniet dit
regtig om dinge te skep ... en geniet dit om Homself uit te daag in elke
skepping se uniekheid ten opsigte van die ander .. en elkeen se ongelooflike
eenvoudige samestelling.
Hy is 'n kunstenaar sonder gelyke .. en hou in gedagte .. dit was maar
net een van sy "EENVOUDIGE" ontwerpe ... daar was baie meer
wonderbaarlike dinge voor ons soos wat ons in die rigting van die sentrum van
die hoofstad beweeg het .. Ek het my fokus van hierdie een huis weggewend .. en
weer met ontsag opgemerk ... HOE die "VOORSTEDE" ontwerp was.
Nie twee van die huise was dieselfde nie .. elkeen het sy eie unieke
ontwerp gehad .. en tog .. het elke huis byna soos die ander gelyk .. sommige
verder van mekaar .. en elkeen wat ons vanuit die lug gesien het ... het in 'n
meer verhewe patroon ingepas.
Het jy ooit 'n fraktale ontwerp en struktuur sonder einde gesien?
[fraktal]. - a geometrical or
physical structure having an irregular or fragmented shape at all scales of
measurement between a greatest and smallest scale such that certain
mathematical or physical properties of the structure,
as the perimeter of a
curve or the flow rate in a porous
medium, behave
as if the dimensions of the structure (fractal dimensions) are greater than the
spatial dimensions.
Dit was so.
Die voorstede was geweef in 'n steeds groeiende patroon van uiterste
orde .. en geen twee strate .. of huise .. was dieselfde nie. Maar almal het
bymekaar gepas in 'n ongelooflike groot kunswerk. Die vele kleure van die huise
.. silwer .. goud .. platinum .. alle skakerings van marmer .. ebbehout ..
koper .. kristal .. diamant .. ametis .. sitroen .. selfs 'n soort pers metaal
wat ek nie kon noem nie .. alles saamgeweef om 'n ongelooflike tapiserie
ontwerp te vorm.
Sommige enkelverdieping .. sommige dubbel .. sommige trippel .. en dit
was net die HEEL BUITENSTE geboue ... die "eenvoudigstes" .. en die
lig wat deur elke huis gevloei het .. van huis tot huis .. het uitgevloei vanaf
die sentrum .. `n storm van geordende kleur en klank .. wat regdeur die huise
gevloei het .. in 'n steeds veranderende spiraal van die ongelooflikste
kompleksiteit .. om die hele toneel in 'n kaleidoskoop van uiterste verstomming
te belig.
Ek kon dit eenvoudig net nie alles begryp nie ... Ek het weer na my skepper
gekyk... met ontsag .. en Hy het net die oomblik geniet .. Hy het selfs unieke
gedeeltes van die ontwerp uitgewys .. soos die wyse waarop die rivier wat ons
gevolg het, ingeweef is in die voorstede in groot spirale .. verweefde waterweë
... sodat elke huis 'n klein deel van hierdie rivier naby of deur of daaronder
gehad het .. om so die geheel te voed.
Die hoofrivier het voortgevloei ... omring deur die mees majestieuse
landskap wat ek nog ooit gesien het .. parke .. fonteine .. boorde bome wat in
ongelooflike patrone geplant was .. volgens grootte en kleur .. alles om die rivier
geweef wat die hooftema was .. alles het van die rivier gevloei .. en die
rivier het gevloei van ..... wel .. die TROON.
Daar .. in die verte .. bokant die huise uitgetroon .. was 'n gebou wat
heeltemal anders was in grootte, vergeleke met die ander. Maar .. dit was ook
.. maklik herkenbaar as 'n troon. Dis moeilik om te verduidelik, tensy jy dit
werklik kon sien. Ons het aan en aan gereis ... die rivier gevolg ... tot by
die sentrum .. waar die lig en klank sy oorsprong gehad het ..
Ons het begin om hoër te styg .. ons het ongeveer .. ek skat .. tien
kilometer bereik. Hy het dit so gedoen sodat ek NET IETS van die uitleg kon
verstaan .. en selfs vanaf daardie hoogte het die stad skynbaar vir ewig
uitgestrek .. Ek kon NIE die einde daarvan sien nie .. ons was nou naby die
sentrum .. slegs 'n paar honderd kilometer daarvandaan.
Ek het in verwondering afgekyk .. en weereens .. soos wat ek iets van
die algehele ontwerp gesien het. Dit was inderdaad 'n fraktal .. 'n baie
organiese fraktal. Spirale van toenemende kompleksiteit .. kleure van die
wonderlikste skakering en vibrasie wat majestieus deur elke
"voorstad" gevloei het in `n samevloeiing met die geheel in 'n
eindelose dans van ongelooflike ontwerp en vakmanskap.
Die rivier .. wat ewiglik reguit gevloei het uit die sentrum .. die
sytakke verweef in en deur die "Voorstede" soos 'n blou/silwer
roosterwerk .. ingeweef in die groot ontwerp soos die drade van 'n komplekse
borduurwerk.
En orals .. mense .. BAIE mense .. en engele .. en miljoene kinders.
Hulle hardloop .. speel .. geniet hulleself ongelooflik. Geen trane ... geen
geskree .. almal gelukkig en almal baljaar uitbundig. Die kinders .. ek sê vir
julle .. die koninkryk van die hemel IS hulle sin .. Daar is SO BAIE van hulle
daar.
Maar as jy reken dat daar 30 miljoen aborsies is elke jaar .. dan is dit
nie regtig verbasend nie. Ek kyk rond .. Ek sien 'n "oop" plek voor
in die reeks majestieuse spirale en parke. 'n Veld .. 'n sirkel .. van suiwer
goud .. soos 'n veld van gepoleerde glas .. soos 'n helder sitroen kleur. Dit
was ongeveer 200 kilometer deursnee van kant tot kant. Dit was deursigtig ..
want ek kon die rivier DAARONDER sien ... reg onder die struktuur in die senter
.. die gebou wat OOK 'n troon was .... en wat sowat twee kilometer hoog gelyk
het. Ons het begin om daarheen neer te daal.
Geleidelik het ons nader en nader beweeg .. die veld was leeg .. nie 'n
ding het daarop geroer nie .. nie 'n voël het daaroor gevlieg nie .. dit was
asof .. dit "Gereserveerd" was vir iets .. onaangeraak tot op die
oomblik waarvoor die gebruik daarvan gereed gehou was. Die Skepper en ek beweeg
laer en laer .. ons dryf nader en nader aan die troon ... en hierdie is die
vreemdste deel ... SOOS wat ons nader beweeg aan die troon .. het óf ONS groter
geword .. OF .. die troon het kleiner geword ... ek is nie seker wat nie .. Die
troon was wit .. suiwer wit deurpers met are van goudlykende vuur.
Solied .. ewig .. en tog .. was dit ook 'n struktuur .. 'n woning. Ek
het nooit 'n verduideliking gekry daarvoor nie, behalwe dat ek besef het dat
dit ook 'n "Admin" gebou was .. soos 'n hofgebou .. setel van die
parlement .. iets soortgelyk.
Ons het reg daarvoor gaan staan. Ek het uitgereik om daaraan te raak ..
en toe besef ek dat ek eintlik geen liggaam gehad het nie ... Maar ek HET iets
gevoel ... soos 'n suiwerheid .. `n ontsaglike krag van die uiterste gesag ..
soos die plek waar ALLE besluite geneem word en waar alle sake eindig.
Dit is hier waar dit ernstig geraak het vir my ... Daar het ek
"Gestaan" .. by die basis van die troon .. WETENDE dat ek voorheen
daar was .. soos 'n .. MASSIEWE Deja Vu het dit my alles met een slag getref.
Ek HERKEN hierdie see van vuur .. van goue glas .. Ek KEN hierdie troon .. Ek
KEN hierdie hele veld .. Maar WAAR .. WANNEER?
My Skepper het na my gekyk .. asof Hy vir my gewag het om die volle
omvang daarvan te besef ... Hy het nie op daardie oomblik geglimlag nie .. Hy
was nogal ernstig .. asof hy WOU hê dat ek moes onthou .. die oomblik ...
WANNEER ek voorheen daar was ... en het net geduldig gewag vir my geheue om
vorm aan te neem ...
Nadat ek besef het dat voorheen daar WAS, sê ek:
"Meester Skepper (Ek het nie geweet hoe anders om hom op daardie
tydstip aan te spreek nie) Ek ken .. Ek ken U .. Ek KEN U nou .. Ek het U
gesien .. hierdie plek .. hierdie troon .. hierdie see van vuur/glas .. Ek WAS
hier .. met jou .. maar .. wanneer? .. Dit voel nie so lank gelede nie .. en
tog .. HOE? "
Hy het na my gekyk met 'n effense glimlag .. Hy het op 'n manier soort
van trots na my gekyk en gesê: "
"15 jaar gelede, aardse tyd, het jy saam met My op my skoot gesit,
bo-op daardie troon. Jy was 'n baba .. vol lewe en vrae en nuuskierigheid. Jy
was vars vanuit My gedagtes .. byna 'n oomblik daarvoor geskep, is in bestaan
gebring op aarde direk van My eie Gees self. Jy was baie voortydig gebore. Jy
wou aanvanklik nie daar bly nie, daarom het Ek jou hierheen gebring om 'n paar
dinge aan jou te verduidelik en om jou 'n keuse te gee. Maar eers het Ek jou
teruggestuur nadat Ek jou vertel het dat jou tyd nog nie aangebreek het nie ..
jy het 'n lotsbestemming om te vervul en as jy aangebly het, sou jy dit nooit
gesien plaasvind nie. Synde 'n baba, het jy dit nie verstaan nie, daarom het jy
teruggekom, ietwat koppig, mag Ek byvoeg."
Hy het voortgegaan .. ten spyte van my kyk van .. verwarring?
"So het ek geduldig verduidelik .. terwyl Ek jou op my knie laat
spring het... die vreugde wat op jou gewag het .. en miljoene ander .. AS jy
sou teruggaan en jou beplande bestemming sou uitleef. Ek het jou vertel dat die
beloning om terug te gaan die moeite werd sou wees, en bo alle verbeelding. Jy
het na my gekyk met baba blou oë en gevra waarom .. oë wat ek geformeer het om
soos Myne te lyk. Ek hou van blou .. dis My gunsteling kleur .. soos wat dit
joune is " (Ja.. ek is lief vir blou .. was altyd .. en daar het ek
uitgevind waarom).
Hy het voortgegaan om te sê ...
"15 jaar gelede, aardse tyd, wou jy geen deel hê in daardie
lotsbestemming nie .. jy het aangehou probeer om jou liggaam te verlaat ..
klein en swak wat dit was .. jy wou hier gewees het met my .. jou "Pappa
"soos jy my aangeroep het uit die dieptes van jou onskuldige babagees. Hoe
lief was ek nie daarvoor nie .. om te hoor dat jy My so roep. Ek is jou "Pappa"...
Ek is almal se "Pappa" as hulle dit net sou besef .. en deur jou
finale besluit om terug te keer en jou lewe uit te leef ... SAL baie miljoene.
"
Ek het Hom gevra .. ietwat verstom. "Dus .. ek het as 'n baba
gesterf,.. gewillig .. gesterf .. NET sodat ek hier by U kon wees?"
Hy het gesê: "Ja .. twee keer het jy eintlik daarin geslaag .. en
jy het ook baie ander kere probeer .. voordat jy jou eie hart gestop het deur
'n daad van jou wil. Die eerste keer het Ek jou teruggestuur na 'n kort verduideliking.
Die tweede keer .. het Ek GEWEET jy sou terugkom, want Ek was die een wat die
nuuskierigheid en pure hardkoppigheid in jou geskep het om 'n volledige verduideliking
van die feite te kry. Jy het 'n ondersoekende gees .. een wat Ek geskep het vir
die doel van jou lotsbestemming .. jy sal dit baie nuttig vind in die dae wat
voorlê .. maar ook .. dit sal ook 'n hindernis wees met tye .. maar dis waarom
Ek jou `n verstand gegee het soos hierdie .. om 'n "Oorwinnaar" te
WEES.
'n "Oorwinnaar" het ek gesê? ... Wat is dit?
Hy het breed geglimlag en beduie met Sy hand oor die see wat voor ons
uitgestrek het na die "horison" ... "Sien jy hierdie veld ..
hierdie see van glas? ..? Binne 'n paar dekades sal jy, en miljoene ander hier
wees .. en ja .. jou suster en dogters (Dogters. Ek sal DOGTERS hê?) sal ook
almal hier wees .. springend en juigend van vreugde .. wanneer die hoogtepunt
van die hele skepping aan almal bekend gemaak sal word.
Ek het Hom gevra ...
"Dus was ek hier .. en het gekies om terug te gaan nadat jy
verduidelik WAAROM ek moes teruggaan." Hy sê: "Ja .. Ek was baie
trots op jou .. jy is 'n vegter .. jy gee nooit op nie .. alhoewel jy geneig is
om maklik ontmoedig te word .. maar jy staan ook weer en weer op .. jy hou
nooit op nie .. DIT is waarom ek trots is op jou. Jy val en misluk .. tog
probeer jy weer en weer. Dis nie hoeveel keer jy misluk waarvan ek kennis neem
nie .. dis hoeveel keer jy weer opstaan en aangaan.
DIT is karakter .. en karakter is allerbelangrik en noodsaaklik vir dit
wat kom nadat jou lewe op aarde voltooi is. "
Ek het na hom opgekyk en gesê: "Huh?" .. (ietwat onnosel moet
ek byvoeg)
Hy het net geglimlag en gesê: "Daar breek binnekort 'n tyd aan ..
'n paar dekades van nou af, aardse tyd ... wanneer alles wat jy geleer het ..
en alles wat jy sal leer, betekenisvol sal word. Jy dink dat jy heeltyd hier
sal sit en altyd gelukkig sal wees hier in hierdie plek en niks doen vir ewig
nie? .. NEE, jy sal werk hê om te doen .. plekke om toesig oor te hou ..
administrasie .. regering .. alles baie besig .. en besluite sal nodig wees ..
van mense met karakter .. mense wat deur die vure gegaan het en dit oorwin het
.. en .. mense wat wys .. sterk .. veerkragtig .. standvastig is .. in een
woord .. oorwinnaars."
Hy het voortgegaan om te sê: "Nou weet jy waarom jy My nooit geken
het nie, behalwe as 'n baba. Jy weet waarom ... want in al die dinge waardeur
jy gegaan het gedurende hierdie laaste 15 jaar .. het jy karakter gekweek ..
sonder die"Kruk" van godsdiens .... jy het oor en oor geveg .. jy het
jou swak brose liggaam oorwin .. dit het sterk gegroei .. jy het die siektes,
wat die gevolg was van jou voortydige geboorte, oorwin... jy het die woede en
hartseer van jou moeder oorwin .. jy het die aanhoudende geterg by die skool
oorwin .. die afknouery en die fisiese aanrandings .. net omdat jy
"Anders" was ... jy het deur die leuens op TV gesien .. jy nog nooit
ingekoop in hierdie gemors nie ... die misleiding .. jy het aan en aangehou ..
altyd gevra .. gesoek .. gelees en gesoek .. want diep binne het jy GEWEET daar
is meer aan hierdie lewe as wat jy met die oog kan sien .. en diep binne .. was
die saad wat ek daar geplant het toe Ek en jy ons klein gesprek gehad het .. en
nou is jy vandag hier... en Ek beantwoord jou vraag ten volle .. want weet dit
.. dat alles nie tevergeefs was nie .. lewe HET 'n doel ... veel groter as wat
jy jou ooit kan indink. "
Ek het daar gestaan .. dit alles ingeneem .. en dit het skielik alles
sin gemaak ... al die moeilikheid waarin ek was .. die seer .. die pyn .. die
wanhoop .. die oorwinnings .. oor en oor .. 'n siklus van nederlae .. gevolg
deur oorwinnings .. en weer gevolg deur nederlae .. en weer gevolg deur
oorwinnings.
Ek was altyd alleen .. nooit 'n vriend nie ... maar ek het voortgegaan
.. Ek het GEWEET .. selfs al het ek eintlik in niks "geglo" nie ..
dat ek op een of ander wyse VERKEERD was in daardie "geloof" .. wat
.. na alles .. NIE 'n geloof was nie, maar 'n aanname.
Hy het daar gestaan ... sodat dit alles kon intrek .. sodat dit alles
bymekaar kon pas .. en het baie verduidelik van wat met my gebeur het in my
kinderjare .. die vroeë vormingsjare van die basiese karakter wat ek nodig sou
hê gedurende die volgende drie dekades .. en net soos wat Hy my wou waarsku
daaroor ... sê hy: "Kom saam met my .. daarbo .."
Ons het albei na die troon opgegaan .. en ons het saam daarop gaan sit
.. en uitgekyk oor die see van sitroen geel vuur .. wat in ontsagwekkende
majesteit gegloei het .. vakant .. vir nou ...
(Ek het nie eintlik "gesit" nie, want ek was in die gees ..
geen liggaam as sulks nie .. maar jy kry die idee!)
Hy het afgewys na 'n plek naby die voorkant van die troon .. effens na
regs daarvan en gesê. "Weet dit vir 'n feit ... in minder as 4 dekades van
nou af, aardse tyd .. sal JY .. en jou twee dogters .. presies daar staan .. op
daardie einste plek .. jy sal spring en oorwinning skreeu .. vreugde ..
blydskap .. jou arms om jou kleintjies, waarmee Ek jou sal seën op die regte
tyd .. en daar sal jy uiteindelik verstaan waardeur jy alles sal moet gaan
gedurende die volgende 35 jaar. Agter jou .. om jou .. sal baie, baie mense
wees .. wat slegs daar sal wees as gevolg van jou woorde .. wat jy sal sê ...
en as gevolg van die oomblik waarin jy dit gesê het. Niemand sal jou ken nie ..
jy sal nie op 'n podium .. of in 'n film of in 'n boek wees nie. Net jou woorde
.. sal versprei en baie lewens beïnvloed.
Daar .. jy sal daar staan waarheen ek wys
(Hy lig sy hand en wys na die presiese plek waar ek sou staan binne
ongeveer drie dekades van toe af)
Ek sal jou erken aan die ander .. die mense wat daar sal wees omdat jy
GEKIES het om aan te bly en aan te hou veg .. Ek sal jou naam aan hulle almal
bekend maak .. en dan kan jy die res van die 1000 jaar spandeer deur hulle
almal te ontmoet .. en om jou getuienis persoonlik te deel .. en om hulle s'n
te hoor. Dit sal 'n wonderlike tyd wees vir jou .. jy sal heeltemal
dronkgeslaan wees oor wat jy bereik het met jou woorde .. en hul nagevolge.
Niks gebeur verniet nie.
Jou woorde .. gebore in die vure van angs en beproewinge .. sal baie
mense se lewens aanraak .. en sal ook baie lewens red .. en die rede waarom Ek
dit nou vir jou sê .. "
(Hy het skielik baie ernstig geword .. Sy glimlag van vreugde oor die
gedagte van die toekomstige gebeure vervaag .. en die hede kom teruggedruis en
met .. 'n traan? ... in sy oog .. en 'n hartseer waarvan ek net die rand
daarvan kon sien ..)
Hy vervolg ...
"In die jare wat voorlê .. sal jy probeer om My te vind .. hier ..
daar ... jy sal kyk en soek ... jy sal kerke probeer .. dwelms .. alkohol ..
partytjies .. vriende .. alles terwyl jy My sal soek ... terwyl jy probeer
uitvind WAAR ek op aarde gevind kan word. Jy sal die meeste van wat ek vandag
vir jou gesê het, vergeet TOT op die dag VOORDAT dit alles sal gebeur .. en jou
ware bestemming sal begin .. wat sal plaasvind in jou 44ste jaar ... "
(DIT is môre .. Ek word 44 .. en JA .. dit is net NOU.. die dag DAARVOOR
.. dat ek ELKE WOORD onthou wat hy vir my daardie dag so lank gelede gesê het
.. tot VANDAG toe... kon ek net stukkies onthou .. en die plek self .. nie die
waarskuwings of die besonderhede nie)
Hy vervolg ...
"... In die jare wat voorlê .. sal jy verlang om te sterf .. jy sal
so 'n diep wanhoop ervaar .. sulke verdriet .. soveel pyn. Die vure sal jou smee
.. sterker en sterker sal jy met elke smee word. Daar sal drie kere wees waar
jy sal probeer om jou lewe te neem .. wat ek sal verhoed .. drie keer sal jy
oorleef .. en opstaan en aangaan .. weer .. elke tree .. nader aan die finale
produk. "
"Jy sal sterf in jouself .. jy sal sterf vir hierdie wêreld .. jy
sal uiteindelik sterf aan die "behoefte" van menslike liefde .. deur
dit onbetroubaar en wispelturig te vind. Jy sal op die ou end weet .. slegs MY
liefde is verseker .. en slegs op My kan gereken word.
En op daardie dag .. sal jy loop soos 'n leeu .. vreesloos .. dood vir die
wêreld .. vertrouend net op My .. en DIT .. is die rede wat ek jou laat dwaal
het .. om eens en vir altyd uit te vind, soos wat Salomo dit eens gedoen het ..
dat ALLES .. BUITEN my .. ydelheid is.
En daarin .. lê ware krag ... en moed .. en wysheid ... en met daardie
drie eienskappe IN jou gesmee deur die vure van die lewe self .. sal jy voort
marsjeer in jou 44ste jaar .. en so baie leuens vernietig ... so baie halwe
waarhede .. jy sal 'n pad skoonmaak .. net met jou woorde .. na waarheid .. na
lewe .. en baie sal volg .. maar NIE VIR JOU nie ... hulle sal die waarheid
volg wat jy so moeilik geleer het.
Niemand sal ooit weet wie jy is nie .. tot op daardie dag .. die dag
wanneer ek alles vertel, voor die groot skare .. jou prestasies. Beide joune ..
en die baie ander krygers wat dieselfde gedoen het wat jy gedoen het.
Jy sal jou beloning dan ontvang .. nie voor dit nie.
Dus .. gaan nou .. terug na die aarde ... en Ek sal elke tree met jou
wees .. Ek sal jou gids wees vir elke tree .. en Ek sal nie toelaat dat 'n
enkele haar op jou kop geskaad word nie.
Daar sal baie pogings deur die bose een wees om jou om die lewe te bring
.. Ek sal jou bewaak .. kyk daar?
(Hy het oor die veld heen gewys ... en daar .. swewend bokant die veld
was twee engele .. GROTES .. streng .. sterk .. 6 voet dwars oor die skouers ..
ten minste 16 voet hoog ... elkeen geklee soos 'n kryger ... met 'n tien voet
lange breë swaard in 'n versierde skede .. gereed vir enigiets)
Hierdie twee was saam met jou sedert geboorte .. hulle is jou beskermers
.. in die dae van jou bestemming sal jy hulle persoonlik leer ken .. maar tot
dan sal hulle verborge bly .. van jou .. en van ander .. maar NIE van die magte
van die duisternis nie ... wat links en regs sal vlug by hul aanskoue .. dus
sal geen skade ooit na jou toe kom nie .. jy moet ten alle koste lewend gehou
word .. selfs teen jou eie pogings om jou lewe te beëindig .. jy kan nie eers
jouself seermaak nie .. soveel as wat jy dit graag sou wil.
(Soos dit blyk .. Ek HET drie keer probeer om myself dood te maak .. en
elke keer .. het dit misluk ... oordosis .. niks .. net 'n week later wakker
geword en baie goed gevoel ... myself tot die dood toe gedrink? . nee ... ek
het my altyd katswink gedrink of alles uitgebraak .. MOTOR ongeluk? .. kop aan
kop botsing teen meer as 130km/h in 'n betonpaal wat die motor 'n brandende
wrak gelaat het? .. dieselfde .. was uit die motor geslinger toe dit in vlamme
uitgebars het .. nie 'n haar geskroei nie ... en nie 'n skrapie nie ... dit was
my laaste poging .. na dit het ek opgegee om myself dood te maak .. geen sin
daarin nie.)
Daarna het Hy my reg in my oë gekyk .. met sy ongelooflike
multi-gekleurde blou vuur oë en gesê ..
"(My naam) ... in die jare wat onmiddellik na hierdie gesprek sal
volg .. sal jy slegs dele onthou van wat ek gesê het. Hier en daar sal ek 'n
kort herinneringsflits toelaat. Gedurende donker tye .. wanneer jy dit die
meeste sal nodig hê.
Maar vir die grootste deel van jou besluite .. en foute .. en ronduit
opstandigheid, dit sal jou eie wees. Maar dit is ook 'n deel van wat jy moet
leer. Jy sal selfs baie kwaad word vir My binne 'n paar jaar van nou af
.. wanneer jy faal om My in enige kerke of leerstellings of dwelms of
boeke of seminare te vind. Jy sal selfs die dag vervloek wanneer jy gebore is
.. en jou woede en hartseer sal lei tot afgryslike foute .. maar daardie selfde
foute sal jou opbou .. jou woede en jou hartseer deurdat jy My “nie vind
nie" en dit sal die hoofsaak wees dat jy My aan die einde sal vind.
'n Week voordat jy 44 sal word, sal die finale toets aanbreek .. jou
familie sal jou ook verstoot en teen jou draai ... en in daardie oomblik sal jy
'n finale besluit maak (WAT ek gedoen het) wat die geheue van alles wat ek vir
jou gesê het na die oppervlak toe sal bring een dag voordat jy 44 word .. en
wanneer jy dit gedoen het ... sal dit begin .. want jou 44ste jaar is wanneer
alles wat jy ooit geleer het, sal begin afspeel. Die wêreld sal baie donker
word .. mense sal begin sterf en hoop verloor .. WEES vir hulle daardie hoop ..
en sê vir hulle .. Hulle HET wel 'n "Pappa" .. en dat Ek hier is VIR
hulle .. en dat daar ook niks in hulle lewens is wat verniet gebeur het nie ..
want Ek hou alle gebeure .. en elke lewe .. goed en waarlik in die palm van My
hand. Gaan nou .. en Ek sal jou weer hier sien ... in net minder as 4 dekades
van jou tyd, vanaf nou gereken.
Toe .. BANG ... net soos dit .. het ek my oë oopgemaak ... en na die
horlosie langs my bed gekyk ... ek was daar vir wat soos ure .. of dae ..
gevoel het, maar slegs sowat vyf minute het verbygegaan.
En getrou aan Sy woord ... het ek amper alles vergeet wat hy gesê het
... tot vandag ..
ADDENDUM
Nadat ek dit geskryf het, het meer van die gebeurtenis in my geheue
teruggekom.
Die afgelope jaar was baie moeilik vir my. Baie, baie moeilik. Ek sal
nie in al die besonderhede ingaan nie, maar die gebeure van my lewe, net in die
laaste 12 maande wat gelei het tot vandag .. die laaste dag van my 43ste jaar
.. was die finale stadium. Ek is nou dood vir hierdie wêreld. En as gevolg van
wat ek nou kan onthou van daardie gebeurtenis 28 jaar gelede... kan ek sien
waarom.
Daar is 'n groot en verskriklike afgrond net voor ons. Baie miljoene sal
sterf .. oorlog .. dood .. verlies van hoop. Ons hele manier van lewe .. ons
hele beskawing .. sal binnekort verwoes wees ..
Dit is wanneer ligte die helderste skyn .. wanneer duisternis aanbreek.
Die duisternis sal baie binnekort aanbreek. Voor die middel van volgende
jaar ... Ek kan nie duidelik sien WAT dit is nie .. Ek weet net dat dit
verwoestend is .. en permanent .. soos in .. dit beëindig die Westerse
beskawing .. vir ewig.
Een ander ding wat ek weet wat gaan kom ..
DAAR SAL GEEN WAARSKUWING WEES NIE ... NIEMAND sal dit voorspel nie ..
GEEN profeet sal daarvan waarsku nie .. NIEMAND sal WEET nie .. totdat die
laaste paar sekondes aanbreek.
Dit gaan VINNIG en SKIELIK en WÊRELDSKUDDEND wees .. GEEN waarskuwing ..
selfs nie van die Meester af nie.
Die ENIGSTE leidraad wat ek met betrekking tot die begin van die einde
gegee is ... dat dit op 'n gewone dag sal plaasvind. 'n Dag net soos enige
ander. Geen verandering .. geen "gevoel" van die dreigende oordeel
nie ... net 'n skielike en skokkende VERANDERING .. en niks sal ooit weer
dieselfde wees nie.
Ons tydperk eindig .. net .. soos .. dit (klap van die vingers).
Dan na hierdie verandering .. hierdie verwoestende wêreldskuddende
gebeurtenis .. kom die oes.
Dan voor die jaar 2020, die finale einde.
Ek was vertel dat ek dit sou sien .. die koms. Dit is heel aan die
einde. Ek is ook gesê dat ek nie die ouderdom van 50 jaar in my huidige liggaam
sou sien nie.
Ek is môre 44. Dit is die jaar waarin my lotsbestemming vertel is en al
die jare van swaarkry .. dom foute .. lesse wat geleer is .. en karakter wat
gebou is, gebruik sal word.
Ons het .. ek voel .. maar 'n paar weke van "Normaal" oor.
Wanneer die verandering kom .. sal dit almal heeltemal onkant vang.
Hulle is reeds onkant betrap, as gevolg van die Desember 21 veldtog ..
wat ontwerp is DEUR die media .. om presies dit te bereik.
Nou het hulle 'n hele wêreldbevolking wat nie `n snars omgee oor enige
voorspellings of profesieë of voorbodes nie.
Almal is aan die slaap .. soos beplan ..
"en die vloed het op 'n dag gekom wat hulle nie geken het nie .. en almal
weggevoer" ... soos in die dae van Noag .. so sal dit
weer wees ... en so IS dit werklik... NOU.