Die jong kassiere agter die kasregister
stel aan die ouer dame voordat sy haar eie inkopie sakke moet saambring want
die plastiek sakke is nie goed vir die omgewing nie.
Die dame vra verskoning en verduidelik,
“Ons het nie hierdie groen gedoente gehad in my jonger dae nie.”
Die jong kassiere antwoord, “Dit is ons
generasie se probleem vandag. U generasie het nie genoegsaam omgegee vir die
bewaring van die omgewing vir toekomstige generasies nie.”
Sy was reg – ons generasie het nie die groen
gedoente gehad in ons jonger dae nie.
In daardie dae, het ons die melk bottels,
koeldrank bottels en bier bottels teruggeneem na die handelaar. Die handelaar
het dit terug gestuur aan die fabriek om gewas, gesteriliseer en weer hervul te
word sodat ons dieselfde bottel weer en weer kon gebruik.
Hul was werklik herwin en hergebruik.
Maar ons het nie die groen gedoente gehad
in ons dae nie.
Die kruidenier winkel het ons
kruideniersware in bruin papier sakke verpak wat ons vir verskeie take
hergebruik het. Behalwe die gebruik as vullissak was die belangrikste gebruik
die as boekoortreksel vir ons skoolboeke. Dit was om te verseker dat publieke
eiendom (die boeke was voorsien deur die skool vir ons gebruik) beskerm is deur
ons onnodige gekrap. Dit het ons in staat gestel om ons boeke te versier deur
allerhande prentjies en sierskrif sonder om die boek te beskadig.
Maar dit is jammer ons het nie daardie tyd
die groen gedoente gedoen nie.
Ons het trappe geklim omdat ons nie
hysbakke gehad het in elke winkel en kantoor nie. Ons het na die
kruidenierswinkel gestap en het nie in ’n 300 perdekrag masjien gespring elke
keer wat ons twee straatblokke vêr moes gaan nie.
Maar sy was reg. Ons het nie die groen
gedoente gehad in ons dae nie.
In daardie dae het ons die babadoeke gewas
want daar was nie iets soos weggooi doeke nie. Ons het ons klere op die
wasgoeddraad gedroog en nie in ’n energie honger 220 volt monster nie. Son en
windkrag het die enigste rol gespeel om ons klere droog te kry in daardie dae.
Kinders het “aangee” klere van hul broers, susters, nefies en niggies gedra,
nie altyd splinter nuwe klere nie.
Maar die jong kassiere was reg. Ons het nie
die groen gedoente gehad in ons jonger dae nie.
In daardie dae het ons net een TV of radio in die huis gehad – nie een in elke
vertrek van die huis nie en die TV het ’n klein skermpie gehad, skaars groeter
as ’n mans sakdoek, nie ’n skerm so groot soos Gauteng nie.
In die kombuis het ons geklits en gemeng
met die hand want daar was nie elektriese masjiene wat die werk vir ons kon
doen nie.
Wanneer ons breekbare items verpak het om
dit per pos te versend het ons gefrommelde ou koerant papier gebruik om dit te
beskerm nie polystyrene of bubble plastiek rolle nie.
In daardie dae het ons nie ’n masjien
gestart en petrol gemors net om gras te sny nie. Ons het ’n stoot grassnyer
gebruik wat net aangewese was op mens-krag. Ons het geoefen deur te werk, dus
het ons nie nodig gehad om na gymnasiums te gaan en op ’n draf masjien te
hardloop wat steeds elektrisiteit verbruik nie.
Ons het uit ’n waterfontein gedrink wanneer
ons dors was in plaas van ’n plastiek
glasie of plastiek waterbottel elke keer wat ons water drink nie. Ons het ons
penne hervul met ink in plaas van om elke keer ’n nuwe pen te koop en ons het
die lemmetjies in ons skeermesse vervang in plaas daarvan om die hele skeermes
weg te gooi net omdat die lemmetjie stomp is.
In daardie dae het mense met die bus en
kinders het met hul fietse skool toe gery of geloop in plaas daarvan om hul
ma’s te verander in 24-uur taxi dienste.
Ons het een elektriese sok per vertrek
gehad, nie ’n elektries bank van sokke om dosyne toebehore aan te dryf nie. Ons
het nie ’n gerekenariseerde speelding nodig gehad wat ’n sein van ’n satelliet,
30 000km in die buitenste ruimte, opvang om vir ons te vertel waar is die
naaste hamburger plek is nie.
Maar is dit nie jammerlik hoe die huidige
generasie ons so verwyt oor die vermorsing van ons ouer generasie net omdat ons
nie die groen gedoente gehad het in ons dae nie?