Friday, August 26, 2011

Lied van die Liefde.


Dit is my eenvoudige interpretasie van die Lied…
ek weet woorde kan nooit reg daaraan laat geskied.
Lied van die Liefde, suiwer en skoon.
Waarvandaan kom dit, waar wil dit woon?
Betowerende note, op heilige toon.
Onbekend, soos ʼn skone droom.
Hier op aarde, die plek van smart.
Roepend na uitkoms, die sondaarshart.
Alles is donker, die afgrond wat tart.
Wie gaan versag, wie gaan verhard?

Kom na ons, O’ lieflike Lied.
Al is daar niks wat ons U kan bied.
Met ʼn gemoed so dikwels morbied.
Net ʼn hart vol verlange, wagtend op U Lied.
Luister, luister, na die sagte geluid.
Dit kom op die bries wat onhoorbaar daar fluit.
En land soos doudruppels sag teen die ruit.
Van die kleine venster in die hart van die Bruid.
Dis heeltyd nog die Liefde Self.
Wat skitter soos ʼn Ster aan die hemelgewelf.
Wat niemand kan sien terwyl hulle blind in geskrifte delf.
In die pad is die gordyn van die selfsugtige self.

Hoor die Lied, liefling van my.
Laat ons die deuntjie in ons harte kry.
Van nederige Liefde, wat vir jou sal ly.
En vir jou sal baklei.
Wat verklaar… jy is altyd vry.
Om in Liefde te bly.

Hemelse Lied, Lied van verlange.
Laat die trane loop oor ons wange.
Laat U water stroom oor die hange.
Van harte vry en onbevange.
Ons moet vertrou.
Van altyd tot nou.
raak Liefde nooit flou.
Dit is getrou.
Dis die Lewe in jou.
As jy in jou hart aan die wysie klou.
Raak die donker lugruim weer helderblou.
Dat ek baie van jou hou...
so klink die Lied nou vir jou.

Gedig van ’n leser gestuur aan Judith de Beer

No comments: