Monday, February 22, 2010

Egpaar se Hartseer


’n Egpaar het geweldig gesukkel om ’n baba te verwek en na vele behandelings en voortdurende gebede is daar na elf jaar vir die egpaar uiteindelik ’n kleinding gebore. Die baba seuntjie was die appel van hul oog en hulle het gevoel dat hul lewe nou volmaak was. Hulle het nou alles gehad wat hul hart begeer het.

Een oggend, toe die seuntjie so ongeveer twee jaar oud was, het die man ’n oop medisyne bottel op die spieëlkas sien staan. Hy was reeds laat vir werk en het vir sy vrou gevra om die medisyne bottel toe te draai en in die kas te bêre. Die vrou, ingedagte met al die dagtake om die kleinding reg te kry vir die kleuterskool, het totaal vergeet van die oop bottel en haar man se versoek.

Die seuntjie het die bottel gesien en met ’n vreeslike gerek het hy die bottel bygekom op die spieëltafel. Ondersoekend het hy eers aan die inhoud geruik en gefassineer deur die kleur van die medisyne het hy alles opgedrink. Dit was medisyne wat dodelik is in groot dosisse en is bedoel vir volwassenes in baie klein dosisse.

Toe die kind inmekaar sak, het die moeder met hom na die hospitaal gejaag. Maar hy was reeds dood by haar aankoms by die hospitaal. Die moeder was in ’n toestand en angsbevange. Hoe sal sy haar man in die oë kan kyk? Wat sal sy vir hom sê ?

Toe die erg ontstelde man by die hospitaal arriveer en sy dooie kind op die bedjies sien lê, kyk hy na sy vrou en uiter net vyf woorde.

Wat dink jy was die vyf woorde wat hy geuiter het ?

Die man het gesê, “Ek is lief vir jou.”

Die man se totaal onverwagse reaksie is proaktiewe gedrag. Sy kind is dood. Hy kan nie weer lewendig word nie, maak nie saak watse verwyte daar is nie. Daar is geen nut daarin om die fout by die moeder te soek nie. Inteendeel, as hy tyd gemaak het om die bottel toe te draai en te bêre, sou die tragedie nooit gebeur het nie.

Geen nut om te verwyt nie. Sy het ook haar enigste kind verloor. Wat sy nodig gehad het op daardie stadium was vertroosting en simpatie van haar man. Dit is wat hy haar gegee het.

Soms spandeer ons soveel tyd om te bepaal wie is verantwoordelik of wie moet blameer word, maak nie saak of dit in ’n verhouding is, in ’n werksituasie of met mense wat ons ken nie. Ons verloor die warmte wat menslike verhoudings ons kan bied deur mekaar nie te ondersteun nie.

Behoort vergifnis nie die maklikste ding te wees om te doen nie, veral vir die een wat jy liefhet !

Ons vra Vader voortdurend om ons, ons skulde te vergewe soos ons die vergewe wat teen ons skuldig is. As ons dan nie kan vergewe nie, hoe kan ons Vader vra om ons te vergewe.

Waardeer dit wat jy het. Moet nie pyn, hartseer en lyding vermeerder deur vergifnis terug te hou nie.

Skenk (vergifnis) sodat daar in voller maat vir jou geskenk mag word deur die Almagtige wat nooit sluimer of slaap nie maar wat sien in die verborgenheid en jou hart ken.

No comments: