Monday, May 11, 2009

Onse Vader


Ek kannie bid ONSE as ek net vir myself leef nie .

Ek kannie bid VADER as ek nie sy kind geword het nie.

Ek kannie bid WAT IN DIE HEMEL IS as ek nog aardgebonde is nie

Ek kannie bid LAAT U NAAM GEHEILIG WORD as ek dit ydellik gebruik nie.

Ek kannie bid LAAT U KONINKRYK KOM as ek nie sy Woord uitdra nie.

Ek kannie bid LAAT U WIL GESKIED as ek altyd my eie sin wil hê nie.

Ek kannie bid om my DAAGLIKSE BROOD as ek spandabelrig lewe nie.

Ek kannie bid VERGEEF ONS ONS SKULDE as ek nie berou het nie.

Ek kannie bid SOOS ONS ONS SKULDENAARS VERGEWE en met 'n wrok rondloop nie.

Ek kannie bid AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK as ek Jesus nie dien nie

Ek kannie bid EN DIE KRAG as daar nog vrees in my hart is nie.

Ek kannie bid EN DIE HEERLIKHEID as ek my lewe regeer nie

Ek kannie bid TOT IN EWIGHEID as ek nie sy koms verwag nie.

Ek kannie sê AMEN as ek nie kinderlik glo nie.

No comments: