Die man stap verby ‘n trop olifante wat
vasgebind staan. Hy stop skielik en is verbaas dat hierdie enorme diere deur so
‘n dun tou aan die voorpoot vasgehou kan word. Geen kettings, geen hokke,
behalwe die dun tou aan die voorpoot en ‘n pen in die grond.
Dit was duidelik dat die olifante, indien hulle
wou, maklik kon losbreek van die tou wat hul vashou, maar vir een of ander
duistere rede, het hulle nie losgebreek nie.
Hy sien daar naby een van die afrigters van die
olifante staan en vra hom hoekom die olifante net daar staan en nie ‘n poging
aanwend om los te breek van die toue nie.
“Wel” sê die afrigter, “ terwyl hulle nog baie
jonk en heelwat kleiner was het ons presies dieselfde dikte tou gebruik as nou, dit
was voldoende om hulle so vas te hou dat hulle nie kon losbreek nie. Soos wat
hul groter geword het was hulle so gekondisioneer dat hulle steeds glo hulle kan nie
losbreek nie. Hulle glo die tou kan hulle steeds vashou en daarom probeer hulle
nie eens meer om los te breek nie.”
Die man was verstom. Hierdie diere kan enige
oomblik loskom van die bande wat hulle vashou, maar omdat hulle glo hulle kan
nie, is hulle presies waar hulle nou is.
Soos die olifante, hoeveel van ons gaan deur
die lewe en glo ons kan nie iets doen nie, slegs omdat ons eenkeer onsuksesvol
was toe ons dit probeer het?
Soms het die toue vir ons ‘n verskoning geword
sodat ons nie weer hoef te probeer nie en ons skuil agter die verskoning van
die toue om onsself nie bloot te stel aan moontlike mislukking nie.
Les: Mislukking is deel van leer. Jy misluk nie
omdat jy bestem is om te misluk nie, maar daar is lesse wat jy nodig het om te
leer om aan te gaan in die lewe.