Friday, January 9, 2015

Gelykenis van die Twee Knegte





Lank gelede was daar ‘n man wat twee knegte in opleiding gehad het. Op ‘n dag het ‘n rusie tussen die twee ontstaan oor wie was die grootste in die aangesig van hul meester. Hulle gaan na die meester van die huis en vra hom, “My heer, wie van ons twee is die grootste in aansien voor u?”

Die meester van die huis antwoord, “Ek sal dat julle dit vir julself ontdek. Ek sal elkeen van julle ‘n vraag vrae wat julle eerlik en opreg moet beantwoord.”

Die twee knegte staan voor hul meester en hy begin om hulle te ondervra. Aan die eerste kneg vra hy, “Wat doen jy vir my?”

“Meneer, ek werk die hele dag lank in die landerye om graan aan te plant sodat u silo’s gevul kan word met die koring van die oes,” antwoord die eerste kneg. “Dan, in die aand gaan ek die hele huis deur, vul al die lampe met olie en steek hul aan die brand sodat my heer lig het om te sien. Vir dit betaal u my ‘n loon, maar ek hoop dat ek eendag my vryheid sal kan verdien.”

Die meester knik sy kop. Hy draai na die tweede kneg in opleiding an vra, “En wat doen jy vir my?”

“Meneer,” antwoord hy, “Ek is ‘n geleerde man. Ek is goed oorleg in literatuur, musiek, wiskunde en wetenskap. Ek leer u kinders alles wat ek weet sodat hulle eendag u huis kan verlaat en sukses sal behaal in die wêreld daar buite. En wanneer hulle dit wel bereik, hoop ek dat u aan my, my vryheid sal skenk. Intussen betaal u my wel ‘n loon vir dit wat ek doen.”

Weereens knik die meester met sy kop. Hy draai hom na een van sy geringste slawe wat daar naby gestaan het, en vra, “En wat doen jy vir my?”

“U weet dat ek u liefhet, my heer, en my enigste begeerte is om te doen wat u ookal van my verlang,” antwoord die slaaf sonder huiwering. “U het my gekoop en ek weet dat ek ‘n slaaf sal wees vir die res van my lewe, daarom verdien ek nie ‘n loon nie. Maar u is goed en genadig teenoor my, en slaan my nie soos van die ander meesters hul slawe slaan nie. U is wys en regverdig en goed daarom dat ek lief is vir u.”

Die meester van die huis glimlag. “Dan is jy die grootste in aansien van al my knegte en slawe en ek sal jou ‘n vry man maak.”

Toe die ander twee knegte dit hoor, was hul geskok gewees. “Hoekom hy?” roep hulle uit. “Ons doen baie meer werk as wat hy doen. Hy wag rond totdat u hom ‘n opdrag gee, maar ons arbei in u landerye sonder opdrag, leer u kinders en steek die lampe aan. Ons werk sonder ophou en behoort daarvoor vergoed te word.”

“Ja,” antwoord die meester van die huis. “Julle werk in my landerye en doen al die ander dinge wat julle sê. Maar hierdie man wil slegs my dien, nie homself nie. Hy wag geduldig totdat ek hom vertel wat ek gedoen wil hê. Sy getrouheid het hom nog nooit in die steek gelaat nie. Hy het nou sy beloning – sy vryheid. Ek sal hom aanstel as opsigter en julle sal sy knegte wees. Vanweë sy getroue diens aan my – al was hy eenmaal slegs ‘n geringe slaaf – hy is werklik die groter een.”

Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ (Matt 25)