Toe ek daardie aand by die huis kom, terwyl my vrou besig was met die
voorbereiding van aandete, het ek haar hand in myne geneem en gesê, daar is
iets wat ek haar moet vertel. Ons het aangesit vir aandete en sy het in stilte
haar kos geëet. Terwyl ek na haar kyk merk ek weereens die pyn in haar oë op.
Skielik weet ek nie meer hoe om die onderwerp te begin nie, my mond maak
oop maar daar kom geen geluid uit nie. Maar, ek moes haar in kennis stel wat ek
van plan was om te doen. Ek wil ‘n egskeiding hê. Ek het die onderwerp baie
kalm geopper.
Dit het nie gelyk of my woorde haar vreeslik ontstel het nie, in plaas van woede
het sy my saggies gevra, Hoekom?
Ek het haar vraag probeer ontduik. Dit het haar kwaad gemaak. Sy laat val
haar mes en vurk in die wasbak en krap
haar kos in die vullis drommetjie uit terwyl sy op my gil, “Jy is nie ‘n man
nie, want jy kan nie eens die waarheid aan my vertel nie!” Daardie aand het ons
nie verder met mekaar gepraat nie. Sy het op die bed gelê en huil. Ek het geweet
sy wou uitvind wat het skeefgeloop in ons huwelik. Maar ek kon kwalik aan haar
‘n bevredigende antwoord gee; ek het my hart verloor op Karlien. Ek was nie
meer lief vir haar nie. Ek het haar net bejammer!
Met ‘n diepe skuldgevoel, het ek ‘n egskeidings ooreenkoms opgestel wat
bepaal dat sy kry die huis, ons motor en 30 % belang in my maatskappy.
Sy het net so na die dokument geloer nadat ek dit aan haar oorhandig het en
dit toe in stukke geskeur.Die vrou wat reeds vyftien jaar van haar lewe saam
met my spaardeer het, het ‘n vreemdeling geword. Ek het jammer gevoel vir die
tyd en energie wat sy ingesit het in die verhouding, maar ek kon nie terugtrek
wat ek gesê het nie, want ek was so bitter lief vir Karlien. Uiteindelik, het
sy hardop voor my gehuil, wat ek eintlik verwag het moes aanvanklik gebeur het.
Vir my was haar gehuil eintlik ‘n soort van verligting. Die idee van ‘n
egskeiding, wat by my ‘n obsessie begin raak het die afgelope paar weke, het
meer defnitief en duideliker geraak in my geestesoog.
Die volgende dag, het ek eers baie laat by die huis gekom, en tref haar aan
waar sy by die tafel besig was om iets te skryf. Ek het nie aandete genuttig
nie maar is reguit kamer toe en het baie gou in ‘n diep slaap verval. Ek was
moeg van ‘n dag vol opwinding saam met Karlien.
Deur die nag het ek wakker geword en gesien dat my vrou steeds besig was om
te skryf by die tafel. Dit het my nie veel gepla nie en ek het omgedraai en
verder geslaap.
Die volgende oggend het sy haar egskeidings voorwaardes aan my voorgelê: sy
wou niks van my gehad het nie, maar het ‘n maand kennisgewing periode verlang
voor die egskeiding. Sy het versoek dat ons in daardie een maand albei hard sou
poog om so ‘n normale lewe as moontlik te lei. Haar rede was eenvoudig: ons
seun sou oor ‘n maand begin met sy eksamens en sy wou nie sy lewe omverwerp met
ons gebroke huwelik nie.
Die was aanvaarbaar vir my. Maar sy het nog ‘n addisionele voorwaarde
gehad, sy het my gevra om terug te dink hoe ek haar oor die drumpel van ons
huwelikskamer gedra het op die dag van ons troue.
Sy het versoek dat ek vir die duur van die maand haar elke oggend, voor
werk, uit ons slaapkamer moet dra na die voordeur. Ek het gedink sy was besig
om mal te word met die versoek, maar ter wille van die vrede het ek besluit dat
ek sal voldoen aan die vreemde versoek van haar.
Ek het Karlien ingelig oor my vrou se vreemde egskeidings voorwaardes. Sy
het hardop gelag en gedink dit is absurd. Maak nie saak met watse toertjies sy
vorendag kom nie, sy sal maar die egskeiding moet aanvaar, het sy naywerig
opgemerk.
Ek en my vrou het nie enige fisiese liggaamlike kontak gehad nadat ek my
voorneme vir ‘n egskeiding duidelik gemaak het nie. Dus, toe ek haar die eerste
dag optel het ons beide maar redelik lomp voorgekom. Ons seun het agter ons
aangeloop en sy hande geklap met die woorde, “Pappa dra mamma in sy arms!”
Sy woorde het ‘n mate van pyn vir my meegebring. Van die kamer, af met die
trappe, na die sitkamer deur die gang, na die voordeur, ek het meer as 20 meter met
haar in my arms geloop. Sy het haar oë toegemaak en saggies aan my gefluister;
“moet asseblief nie aan ons seun vertel van die egskeiding nie.” Ek het my kop
geknik en het ‘n bietjie onsteld gevoel oor haar versoek. Ek het haar buite die
voordeur neergesit. Sy is daar weg oppad na die bushalte om die bus te haal vir
haar werk. Ek het alleen na my kantoor gery.
Op die tweede dag het beide van ons meer normaal opgetree en was die draery
makliker. Sy het met haar kop op my bors geleun. Ek kon die geurigheid van haar
bloes ruik. Ek het besef dat ek in ‘n baie lang tyd nie baie intens na haar
gekyk het nie. Ek het besef sy was nie meer jonk nie. Daar was fyn plooitjies
op haar gesig en haar hare was besig om hier en daar grys te word. Ons huwelik
het sy tol van haar geëis. Vir ‘n oomblik het die skuldgevoel my oorweldig en
het ek gewonder wat ek haar aangedoen het.
Op die vierde dag, toe ek haar optel, voel ek ‘n mate van intimiteit wat
terugkeer en ‘n teerheid vir haar. Dit was die vrou wat vyftien jaar van haar
lewe aan my gegee het.
Op die vyfde en sesde dag het ek besef dat die gevoel van intimiteit besig
was om vir beide van ons te groei. Ek het nie vir Karlien hiervan vertel nie.
Dit het makliker geword om haar te dra soos wat die dae van die maand verby
snel. Miskien het die oefening om haar elke dag te dra my bietjie sterker begin
maak.
Sy het die een oggend baie besluiteloos voor die klerekas gestaan en die
een rok na die ander probeer, maar kon nie ‘n geskikte rok vind nie. Sy sug toe
hardop, “al my rokke het te groot geraak vir my.” Ek het skielik besef dat sy
baie gewig verloor het en eintlik vreeslik skraal geword het, dit was die rede
hoekom ek haar die laaste ruk so maklik kon dra.
Skielik tref dit my ...... sy het soveel pyn en hartseer wat sy in haar
binneste verberg die laaste tyd. Onbewustelik reik ek uit met my hand en raak
haar sagte hare aan.
Op daardie oomblik kom ons seun die kamer in en sê, “Pappa, dis tyd om weer
vir mamma uit te dra.” Vir hom, om te sien hoe sy pa sy ma uitdra na die
voordeur het ‘n essensieële deel van sy lewe geraak. My vrou beduie vir ons
seun om nader te kom en sy gee hom ‘n stywe drukkie. Ek het my kop weggedraai,
want ek was bevrees dat ek op die nippertjie van plan kan verander. Ek het haar
opgetel in my arms en haar gedra van die kamer na die sitkamer deur die gang
oppad voordeur toe. Haar arm was saggies om my nek gevou en dit het so
natuurlik gevoel. Ek het haar tenger liggaam bietjie stywer vasgehou; dit was
net soos ons huweliks dag.
Maar haar baie ligter liggaams gewig het my hartseer gestem. Op die laaste
dag van die kennis maand, terwyl ek haar in my arms hou kon ek skaars ‘n
treetjie gee. Ons seun was reeds skool toe. Ek het haar styf vasgehou en gesê,
“ek het nooit opgemerk dat daar so groot leemte aan intimiteit in ons lewens
was nie.
Ek ry na Karlien se woonstel toe........... spring vinnig uit my motor uit,
sonder om die deur te sluit. Ek was bevrees dat enige vertraging kon veroorsaak
dat ek van gedagte verander.... ek stap vinnig na haar woonstel en klop aan die deur. Karlien maak
die deur oop en ek sê aan haar, “Jammer Karlien, maar ek wil nie meer skei
nie.”
Sy kyk verstom na my en vat aan my voorkop. “Het jy ‘n koors of wat makeer?”
sê sy. Ek neem haar hand weg van my voorkop. “Jammer Karlien,” sê ek, “maar ek
kan nie voortgaan met die egskeiding nie. My getroude lewe was vervelig, maar
dit was omdat ons nie meer waardering gehad het vir die klein detail in ons
lewens nie en nie omdat ons nie meer lief was vir mekaar nie. Nou besef ek eers
dat vandat ek haar as bruid in my huis ingedra het, ek veronderstel was om haar
vas te hou totdat die dood ons skei.
Dit lyk asof Karlien skielik wakker skrik. Sy gee my ‘n harde oorveeg, klap
die deur toe en bars in trane uit. Ek stap met die trappe af en ry weg.
By die bloemiste, op my pad kantoor toe, bestel ek ‘n pragtige ruiker vir
my vrou. Die verkoopsdame vra aan my wat moet op die kaartjie geskryf word. Ek
glimlag, neem die kaartjie by haar en begin skryf, “Ek sal jou elke oggend dra
totdat die dood ons skei.”
Ek besluit om bietjie vroeër weg te loop by die kantoor en my vrou te
verras by die huis voordat ons my seun gaan haal by die nasorg.
Ek arriveer by die huis, blomme in die hand en glimlag op die gesig. Ek
hardloop met die trappe op na ons kamer om my vrou aan te tref op ons bed –
dood.
My vrou het reeds maande ‘n oorlewings stryd aan die gang gehad met kanker
en ek was te besig met my verhouding met Karlien om op te merk dat daar fout
was met my vrou. Sy het geweet dat sy nie meer lank het om te leef nie en
steeds het sy my probeer beskerm teen die negatiewe reaksie wat my seun jeens
my sou gehad het indien ek voortgegaan het met die egskeiding. Ten minste in
die oë van ons seun – is ek ‘n liefdevolle eggenoot.....