Die voorstedelike trein wieg heen en weer, die yster wiele wat voortdurend skreeu teen die staal met die ritmiese klikke-klakke oor die spoor lasse. Buitekant die venster is die bittere winter koue op die landskap duidelik te bespeur terwyl die trein daardeur spoed soos ‘n onwelkome indringer. Die passasiers trein is vol verkluimde, verveelde passasiers wat elk vasgevang is in sy eie gedagte wêreldjie. Stroef staar elkeen voor hom uit sonder om die mede passasier oorkant of langs hom op te merk.
Skielik is daar ‘n klein seuntjie wat sy weg baan deur onwillige grootmens bene om by die opening op die bankie langs die venster uit te kom. Sy vader staan by die deur en hou ‘n wakende ogies dat die knapie nie wegraak tussen die baie passasiers nie. Die seuntjie is omring deur onvriendelike, half aan die slaap volwassenes. Wat ‘n brawe mannetjie het ek by myself gedink.
Toe die trein begin om die tonnel binne te gaan, gebeur daar iets heel onverwags en uit die bloute. Die klein seuntjie gly van sy sitplek af en plaas sy handjie op my knie. Vir ‘n oomblik het ek gedink dat hy by my wil verby gaan, terug na sy pa toe, dus skuif ek so effens uit die pad om plek te maak. Maar in plaas daarvan om verby te skuur, leun die seuntjie vooroor en rek sy koppie na my. Hy wil my seker iets vertel dink ek by myself. Kinders ! Ek buig effens vooroor om te luister na wat die mannetjie my wil vertel. Weereens verkeerd! Hy soen my liggies op die wang.
Hy keer terug na sy sitplek en met vol genoegdoening kyk hy by die venster uit. Maar, ek is geskok. Wat het gebeur? ‘n Klein seuntjie wat onbekende volwassenes op die trein soen? Tot my verbasing, die seuntjie gaan voort om al my mede passasiers op die wang te soen. Senuweeagtig en half geskok kyk almal vraend na sy vader, “Hy is baie bly dat hy lewe,” antwoord sy vader. “Hy was baie siek en het by die dood omgedraai.”
Die trein stop en pa en seun klim van die trein af en verdwyn tussen die malende menigte. Die deure maak toe. Op my wang kan ek steeds die seuntjie se soen voel – ‘n soen wat my dwing om ernstige self ondersoek te doen.
Hoeveel grootmense is daar wat rondgaan en mekaar soen uit pure blydskap dat hul lewe? Hoeveel dink enigsins daaraan hoe bevoorreg hul is om te leef? Wat sal gebeur as ons almal net begin om onsself te wees en hierdie aangeplakte fasade af te pluk?
Die klein seuntjie het ons ‘n soete maar ernstige klap in die gesig gegee.
Moet nie toelaat dat jy doodgaan, lank voordat jou hart gaan staan
het nie!