Monday, May 24, 2010
Die Beer en die Bul
Eendag lank gelede het daar ’n beer gebly in ’n grot, diep in die woud. Daar naby was ’n weiveld waar die boer sy koeie laat wei het – en een enorme bul wat baie befoeterd gelyk het. Elke dag het die beer weggekruip aan die rand van die woud en die bul dop gehou. Die beer was bekend as die sterkste en mees vreesaanjaende dier in die omtrek. Geen ander dier in die woud het dit gewaag om met hom slaags te raak nie. Terwyl die beer die bul dophou wat besig is om vreedsaam te wei, wonder hy by homself wie van hulle twee sal die stryd wen om te sien wie is die sterkste. Vir vele dae het die vraag in sy gedagtes bly maal. Toe een oggend besluit hy om die bul uit te daag tot ’n geveg tot die dood toe.
Die bul het sopas ’n mond vol heerlike sappige grashalms afgebyt toe hy opkyk en die beer aangestorm sien kom oor die gras vlakte na hom. Hy hou op om te kou. Die rooi vlaggie van gevaar spring orent in sy gedagtes. Die beer kom al glyende tot ’n stop voor die bul terwyl die graspolle weerskante van sy pote trek. Die bul laat dreigend sy kop sak, sy skerp horings gerig direk op die beer se keel. Vir ’n lang tyd staan hulle twee en gluur vir mekaar – geeneen van hulle bereid om ’n sentimeter skiet te gee nie. Uiteindelik raak die bul redelik dik vir die aangluur kompetisie en vra aan die beer,
“Wat soek jy, Beer?”
“Ek wil met jou baklei,” grom die beer.
“Waarom?” vra die bul.
“Want, ek wil bewys dat ek sterker en ’n beter vegter as jy is.”
Die bul bars uit van die lag. “Ek dog jy wil regtig iets hê. Jy kan onmoontlik tog teen my wen. Ek het skerp horing wat vreeslike wonde kan toedien.”
“En my kloue is skerp en vinnig,” kap die beer vinnig terug. “Ek het menige vyand oorwin – enige iemand wat my welpies wil seermaak of my maat wil wegneem. Ek is die koning van die woud!”
“Nou gaan dan terug na die woud,” antwoord die bul kortaf. “Die is die weiveld.”
Die beer knip sy oë in ongeloof. “Askuus tog, wat sê jy daar....”
“Ek bedoel, wat is die punt daarvan dat ek met jou baklei?” vra die bul. “Wat sal dit bewys? Ons is nie vyande nie. Ek het nie jou welpies leed aangedoen of jou maat geneem nie.”
“Dit sal bewys dat ek die sterkste is.”
“Okay,” sê die bul met ’n glimlag. “Ek sal dit so aanvaar. Jy is die sterkste. Loop nou en laat my in rus dat ek verder kan wei.”
“Net so oomblik. Wat bedoel jy daarmee?” Die beer lig sy klou omhoog met sy naels ontbloot. “Ek sal jou aan flarde kap. Verdedig jouself.”
“Wat jy ook al doen, dis jou keuse,” antwoord die bul kalm. “Maar as jy dit doen, wat sal jou al jou vriende – die wat jou nou sekerlik dophou vanuit die woud – van jou dink?”
“Hulle sal dink ek is die sterkste,” gil die erg gefrustreerde beer.
“Ek dink nie so nie. Net omdat jy teen my wil veg is nie vir my genoegsame rede om teen jou te veg nie. Ek sal slegs baklei om een van die koeie wat in my sorg is te beskerm. Indien jy een van hulle aanval dan sal ek verplig wees om jou aan te val en ’n goeie loesing te gee.”
“Ek kan geeneen van hulle aanval nie,” maak die beer beswaar. “Hulle kan nie terug veg nie. Daar sal geen oorwinning daarin wees nie.”
“Presies,” antwoord die bul. “Maar wat as jy hulle sou aanval?
En wat as ek hulle sou probeer beskerm?
Wat as iets met my sou gebeur?
Wie sal hulle dan beskerm?
Jy?
Sal jy my vertrou om na jou welpies om te sien indien iets met jou gebeur?
Wat sal met jou familie gebeur indien jy die geveg verloor?”
“Ek het nog nie so daaraan gedink nie.” sê die beer.
“Gaan terug na die woud, Beer,” sê die bul en draai om en loop weg. “Bly in vrede daar in jou woud en ek sal dieselfde doen hier in my weiveld.”
Die beer draai terug na die woud. Hy het hier gekom, gereed vir ’n geveg – om te bewys wie is die sterkste. Maar hy het ’n belangrike les geleer van die wyse ou bul.
In vrede is daar geen verloorders nie.
SPR 17:14 : Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.
Friday, May 21, 2010
Jack Russel se Blydskap
Die van julle wat honde het, veral klein honde soos Jack Russels of so, wat buite slaap sal vanoggend presies weet waarvan ek praat.
In die oggende is daar ’n hele ritueel wat gevolg word (hmmm, baie duidelik hou ek van ’n vaste roetine) – staan op, gee die kat kos, want hy kerm al van vroeg af dat sy bak leeg is, gaan skeer en borsel tande, trek aan en sluit die deure oop.
Wanneer ek die deur oopsluit wat naby die honde se hok is dan is soos mes en hulle is daar, maak nie saak hoe warm, hoe koud, hoe donker of hoe lig dit is nie – hulle is altyd bly om jou te sien. Hulle blydskap om jou te sien is eintlik ongelooflik, mens sou dink hulle het jou weke laas gesien.
Dis nie ’n kwessie dat hulle sterte waai nie, ek dink eerder hul sterte swaai hul lyf rond.
So is dit oggend vir oggend, maak nie saak of jy bietjie vroeër of bietjie later oopmaak nie, die blydskap is oorweldigend.
En al wat hulle soek is ’n hallo’tjie en ’n klein vryfie op die rug en hulle is weer heel tevrede om terug te gaan hok toe en bietjie verder te lê.
Vanoggend toe hulle twee weer so vinnig uitkom om my te groet met die oorvloedige blydskap kon ek nie help om te wonder nie ......
Ek is die hondjies se meester en hulle blydskap is elke oggend asof hulle my weer vir die eerste keer sien en hulle verlang net daarna dat ek ’n ou ietsie vir hulle sê en hulle net so bietjie aanraak – dit maak hulle dag.
Ons Meester wag ook elke oggend vir ons so om na Hom te kom, om net ’n bemoedigende woordjie aan ons mee te deel en om ons aan te raak vir die dag – maar hoe kom ons by Hom aan ?
Kom ons ooit by Hom aan ?
Ook so vol entoesiasme soos die twee klein Jack Russels of is ons te moeg om eers uit die hok te kom wanneer ons Sy voetstappe of Sy stem hoor ?
Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Thursday, May 20, 2010
Op dieVlerke van ‘n Sabbats Heerlikheid.
JES 58:13 : As jy jou voet terughou van die Sabbat - om nie jou begeertes in die dag van My Apartheid te doen nie, en as jy die Sabbat 'n verlustiging noem [en] die apartgestelde [dag] van JaHWeH hooghou; en as jy haar eer deur nie jou eie weë te gaan nie, nie geleentheid vir jou begeertes soek of besigheid te praat nie;
JES 58:14 : dan sal jy jou verlustig in JaHWeH, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die Aarde en jou laat geniet die Erfdeel van jou vader Jakob; want die Mond van JaHWeH het dit gespreek.
As mens die gedeelte lees en die volheid daarvan bepeins dan vol dit asof enige iets wat mens daaraan toevoeg leeg en betekenisloos is want dit spreek soveel grootheid en heerlikheid in een sin uit.
Maar hoekom ervaar die mens dan nie die heerlikheid daarvan om op die hoogtes van die aarde te ry nie?
Of om die erfdeel te geniet van jou vader Jakob nie?
Omdat ons ons nie verlustig in die Sabbat nie – Nee! meneer, mevrou en liewe jongeling dis nie Sondag nie. Sondag is nie die Sabbat nie, dis die eerste dag van die week en die Sabbat is die sewende dag van die week.
Gaan kyk maar op die meeste kalenders en kyk waar begin die week.
Ai, dis nou ‘n gelol want Saterdag of te wel die Sabbat is my dag van inkopies, dis die dag waarop ek gaan golf speel (oops nee, dit meng in met my rugby kykery, sal die golf maar skuif na Sondag toe) of die dag waarop ek my sport gaan beoefen. Daar is mos nie ander tye in die week wat ek dit kan doen nie.
O ja, dan het ek die ander groot “No, No,” vergeet – wat sal my vriende sê as ek nou skielik die Sabbat onderhou, ek is seker ek gaan ‘n klomp van hulle verloor want hulle gaan dink ek is ‘n jood of iets.
Maar wag, ek is mos nie skuldig daaraan nie, ek onderhou my Sabbat die Sondag, daar, probleem opgelos!
Het jy dit werklik opgelos of slegs jou probleem verplaas sodat dit jou gewete kan pas.
Vader is tog baie duidelik in sy opdrag – dit is die Sabbat – nie die Sondag of enige ander dag wat jou pas as ‘n Sabbat nie. Wie dink jy is jy om Vader se orde van Sy Skepping te verskuif en te verander soos dit jou pas?
Soos wat daar vir Salomo ‘n paar dinge was wat hy nie kon verstaan nie, is daar ‘n paar dinge wat my verstand ook te bowe gaan.
Een daarvan is dat wanneer ‘n man byvoorbeeld ‘n nuwe motor wil koop dan sal hy die motor behoorlik navors en op die internet gaan soek, hy sal brosjures oor die motor in die hande kry, hy sal met die handelaar gaan gesels en sy vriende (wat hy weet hom die waarheid sal vertel) gaan raadpleeg. Dieselfde geld vir die vrou wat vir haar ‘n nuwe skottelgoedwasser, naaimasjien of omkapmasjien wil gaan koop. Die intensiteit van die navorsing is ongelooflik.
Maar as dit kom by die navorsing van die dinge van Vader dan is daar ‘n absolute traagheid, Sy handleiding word nie geraadpleeg nie, ons soek nie oral na die waarheid nie, ons aanvaar die woorde van onbetroubare vriende.
Meneer, die motor gaan jou sowat 10 jaar hou en neem jou van punt A na punt B, hoe jy daar kom hang af van die tipe motor, in gerief en gemak of met ‘n seer rug en bene.
Daarenteen is jou siel vir ‘n ewigheid, dit is van die vootyd af daar en neem jou tot in ewigheid. Dit is vir tydjie deel van hierdie aardse liggaam maar dis ook jou voertuig na die ewige heerlikheid of verdoemenis. Hoe jy daar kom is ook vir jou om te besluit, gehawend of op die vlerke van ‘n Sabbats heerlikheid.
Ek gaan nie vir jou hier vertel hoekom en waarom Saterdag die Sabbat is nie, jy moet dit self gaan navors en vir Vader vra vir leiding in die opsig. Gaan soek want jou lewe hang daarvan af, soek asof jy soek na die grootste skat van jou lewe.
Wanneer jy gevind het dan sal jy ook kan sê – ek ry oor die hoogtes van die aarde en op die vlerke van ‘n Sabbats heerlikheid.
Tot dan is daar ‘n traan in my oog en ‘n trek van pyn in my hart vir jou omdat jy nog nie kon vlieg op die vlerke van ‘n Sabbats heerlikheid nie.
Thursday, May 13, 2010
Die Vyand Binne Ons
Ons as Boervolk het al amper gewoond geraak daaraan om die algemene vyand van die wêreld te wees, van die vroegste tye af. Almal was jaloers op die seëninge wat Vader op ons uitgegiet het maar noodwendig het die seëninge wat op ons gerus het ook oorgespoel na die ander volke wat saam met en rondom ons is.
Die jaloesie het gemaak dat die ander volke gedink het dat as hulle ons vernietig of verdryf van ons plek, dan kan hulle ons plek inneem en daarmee saam die seëninge verkry.
Vir jare het dit tog gelyk of dit wel so kan wees as ons kyk hoe het Engeland die land geplunder en die Boervolk verkrag het om die goud in die hande te kry.
Deesdae is dit die Afrika volke in die land wat daarop uit is om die Boervolk te plunder en te roof.
Ons word verneder en in die grond in vertrap.
Maar omdat ons in die modder is dink heelwat van die volk dat hulle moraal en morele waardes ook in die modder moet wees.
Die geloof en vertroue in Yahweh is net so sterk soos wat die welvaart is. Sodra die welvaart verdwyn dan verdwyn die geloof en vertroue en daarmee saam die morele standaarde. Ek verstaan dit nie, moet die geloof nie tog sterker word hoë groter die beproewing nie?
Die vraag ontstaan dan noodwendig – was daar van die begin af ware geloof gewees? Ek glo nie, dit kon net die kerkie-kerkie geloof gewees het. Kerkie-kerkie geloof is die geloof dat; ek is ’n gelowige en gered omdat ek in ’n kerk is. Sekerlik een van die grootste slagysters wat satan nog kon stel vir die mens.
Maar om terug te keer na die eintlike onderwerp. Dit is heelwat makliker om jouself of die volk te verdedig teen ’n sigbare vyand, jy kan gevegslinies opstel, verdedigings planne beraam maar hoe gemaak met die vyand wat tussen ons is, die wat soos ons is.
Daar is hoeveel van die Boervolk wat verarm, verneder en gebroke is vanweë die vyand wat tussen ons rondloop.
Waarvan praat ek ?
Daar is hoeveel maatskappye en besighede wat van ons volksgenote ontslae geraak het net sodat hulle mense van ander volke wil aanstel om kontrakte te kry en die oomblik toe die ekonomie bietjie versleg, was dit ’n verskoning om van nog meer van ons mense ontslae te raak.
Die vraag is wat het dit te doen met die vyand tussen ons ? Omtrent alles, want die meeste van die afdankings en afbetalings word georkestreer deur ons eie volksgenote. Nie volks vreemdes nie maar ons eie mense.
Ter wille van hul eie welvaart en gewin sal hulle nie huiwer om ’n mede volksgenoot in die grond in te trap nie. Soms wonder ek, hoeveel gebroke mense lê daar in die pad na sukses van ’n man of vrou. Op hoeveel gebroke gesinne moes hulle trap om op te klim na die volgende sport van die leer.
Hoe kan jy skape in ’n kraal beskerm terwyl die wolf saam in die kraal is ?
Ons as gelowiges besef almal dat ons in die laaste van dae is en dat die groot verdrukking voor die deur is. Die tyd waarin ons beproef sal word in ons geloof tot die uiterste toe.
Die hele wet word opgesom in twee gebooie soos Yahshua self vir ons gesê het, jy moet Yahweh jou Elohim liefhê met jou alles en jou naaste soos jouself.
Dus kan ons aanvaar dat die beproewing sal gaan oor die twee liefdes, die een vir Yahweh en die ander vir jou naaste.
Ons almal het al daaraan gedink wat ons alles sal doen vir ons Vader en dat ons bereid is om alle vervolging te weerstaan ter wille van die liefde en geloof in Hom, maar is ons bereid om dieselfde te doen ter wille van die liefde vir die naaste ?
Een van ons grootste beproewings in die tyd wat voorlê sal sekerlik wees in die liefde vir ons naaste.
Sal ek en jy die toets kan deurstaan ?
Sal daar vir ons gesê kan word, “Mooi so, goeie en getroue dienskneg ?”
Subscribe to:
Posts (Atom)