Thursday, May 17, 2012

Soen Iemand Voordat Jy Gaan.


Die voorstedelike trein wieg heen en weer, die yster wiele wat voortdurend skreeu teen die staal met die ritmiese klikke-klakke oor die spoor lasse. Buitekant die venster is die bittere winter koue op die landskap duidelik te bespeur terwyl die trein daardeur spoed soos ‘n onwelkome indringer. Die passasiers trein is vol verkluimde, verveelde passasiers wat elk vasgevang is in sy eie gedagte wêreldjie. Stroef staar elkeen voor hom uit sonder om die mede passasier oorkant of langs hom op te merk.

Skielik is daar ‘n klein seuntjie wat sy weg baan deur onwillige grootmens bene om by die opening op die bankie langs die venster uit te kom. Sy vader staan by die deur en hou ‘n wakende ogies dat die knapie nie wegraak tussen die baie passasiers nie. Die seuntjie is omring deur onvriendelike, half aan die slaap volwassenes. Wat ‘n brawe mannetjie het ek by myself gedink.

Toe die trein begin om die tonnel binne te gaan, gebeur daar iets heel onverwags en uit die bloute. Die klein seuntjie gly van sy sitplek af en plaas sy handjie op my knie. Vir ‘n oomblik het ek gedink dat hy by my wil verby gaan, terug na sy pa toe, dus skuif ek so effens uit die pad om plek te maak. Maar in plaas daarvan om verby te skuur, leun die seuntjie vooroor en rek sy koppie na my. Hy wil my seker iets vertel dink ek by myself. Kinders ! Ek buig effens vooroor om te luister na wat die mannetjie my wil vertel. Weereens verkeerd! Hy soen my liggies op die wang.

Hy keer terug na sy sitplek en met vol genoegdoening kyk hy by die venster uit. Maar, ek is geskok. Wat het gebeur? ‘n Klein seuntjie wat onbekende volwassenes op die trein soen? Tot my verbasing, die seuntjie gaan voort om al my mede passasiers op die wang te soen. Senuweeagtig en half geskok kyk almal vraend na sy vader, “Hy is baie bly dat hy lewe,” antwoord sy vader. “Hy was baie siek en het by die dood omgedraai.”

Die trein stop en pa en seun klim van die trein af en verdwyn tussen die malende menigte. Die deure maak toe. Op my wang kan ek steeds die seuntjie se soen voel – ‘n soen wat my dwing om ernstige self ondersoek te doen.

Hoeveel grootmense is daar wat rondgaan en mekaar soen uit pure blydskap dat hul lewe? Hoeveel dink enigsins daaraan hoe bevoorreg hul is om te leef? Wat sal gebeur as ons almal net begin om onsself te wees en hierdie aangeplakte fasade af te pluk?

Die klein seuntjie het ons ‘n soete maar ernstige klap in die gesig gegee.

Moet nie toelaat dat jy doodgaan, lank voordat jou hart gaan staan het nie!

Thursday, May 3, 2012

Die Odes van Salomo (10) Laaste

Ode 40

[Ode vir die Moeder en Haar kinders]

1 SOOS heuning van die bye se heuningkoek drup, en melk vloei van die Vrou wat Haar Kinders liefhet,
2 Net so is My hoop op U, o My Elohey. Soos U Fontein Haar waters voortbring, so bring My Hart lof van JaHWeH te voorskyn, en My Lippe uiter lofprysinge tot Hom.
3 My tong is soet in Sy lofsange, en My ledemate dy uit in Sy psalms;
4 En My Aangesig verbly hom in Sy jubeling, en My Gees roem in Sy liefde, en My Siel skyn in Hom.
5 Hy wat vreesagtig is, sal op Hom vertrou en Verlossing sal in Hom tot stand gebring word;
6 Sy wins is ‘n onsterflike lewe, en hulle wat Hom ontvang, is onverderfbaar.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 41

[Ode deur die Moeder]

1 AL SY kinders sal JaHWeH loof, en hulle sal die Waarheid van SY Geloof ontvang;
2 SY seuns sal aan HOM bekend wees: Laat Ons daarom sing in SY liefde.
3 Ons lewe in JaHWeH deur SY Barmhartigheid, en Ons ontvang lewe deur SY Verlosser.
4 Want ‘n groot dag het op Ons geskyn, en wonderbaarlik is HY wat vir Ons van SY lofprysinge gegee het.
5 Laat Ons dus almal saam verenig in die Naam van JaHWeH, en laat Ons HOM in SY Suiwerheid Eer betoon;
6 Laat Ons aangesigte in SY Lig skyn, laat Ons harte peins in SY liefde, dag en nag:
7 Laat Ons jubel oor die jubeling van JaHWeH.
8 Almal wat My sien, sal hulle verwonder, want Ek is van ‘n ander ras;
9 Want die VADER van Waarheid het My onthou - HY wat My van die begin af besit het;
10 Want SY rykdom het aan My geboorte geskenk en die gedagte van SY hart.
11 En SY Woord is met Ons al langs die Weg. Die Verlosser wat aan Ons nuwe lewe skenk, verwerp nie Ons siele nie
12 Die Man wat verneder was en opgehef is in SY Geregtigheid.
13 Die Seun van die Hoogste El het verskyn in die Suiwerheid van Sy VADER;
14 En die Lig het van die Woord af uitgegaan, wat vantevore reeds in Hom was.
15 Die Gesalfde is Een in Waarheid, en was bekend van voor die grond-legging van die Aarde af,
16 Sodat Hy vir ewig nuwe lewe kan gee aan siele in die Waarheid van Sy Naam. Laat daar ‘n nuwe loflied aan JaHWeH wees, van diegene wat HOM liefhet.
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!

Ode 42

[Die Seun verlos uit die Doderyk/Sheol]

1 EK het My hande uitgebrei, en genader tot My Elohim, want die uitstrek van My hande is SY Teken,
2 en My uitgebreide hande is die eenvoudige hout wat opgerig is op die Weg van die Opregte Een.
3 En Ek het nutteloos geword vir hulle wat My geken het, sodat Ek verskuil sou wees van hulle wat My nie vasgegryp het nie.
4 Ek sal met hulle wees wat My liefhet.
5 Al My vervolgers het gesterf; en hulle wat op My vertrou het, het My gesoek, want Ek lewe;
6 Ek het opgestaan en is met hulle, en Ek sal deur hulle monde spreek.
7 Want hulle het diegene verwerp wat hulle vervolg het, en het op hulle die juk van My liefde gelê.
8 Soos die arm van die Bruidegom op die Bruid, so is My juk op hulle wat My ken;
9 Soos die bed wat berei is in die Bruidskamer, so is My liefde oor hulle wat in My glo.
10 Ek was nie verwerp nie, selfs al was dit so aanvaar, en Ek het nie vergaan nie, selfs al het hulle dit van My geglo.
11 Doderyk/Sheol het My gesien en sy was bedroef, en Dood het My teruggegee en baie saam met My:
12 Ek was asyn en bitterheid vir hom, en Ek het saam met hom afgedaal, so ver as wat diepte strek;
13 en hy het voete en hoof los laat hang, omdat hulle nie My Aangesig kon verduur nie.
14 Ek het lewende adamiete byeen laat kom tussen sy dooies, en Ek het tot hulle gespreek met lewende lippe, sodat My Woord nie sonder trefkrag sou wees nie.
15 En hulle wat gesterf het, het na My gehardloop, en het uitgeroep en gesê: Wees ons barmhartig, Seun van die Elohim!
16 Handel met ons volgens U Medelye, bring ons uit die bande van Duisternis,
17 en open vir ons die Poort sodat ons saam met U daardeur kan uitkom, want ons sien dat ons dood U nie aanraak nie.
18 Mag ons ook saam met U verlos word? Want U is ons Verlosser. [2 Nikodémus 5]
19 Ek het hulle stem gehoor, en hulle Geloof in My Hart geplaas,
20 en Ek het My Naam op hul hoofde gedruk, want hulle is vrye adamiete en is Myne. [Openbaring 14:1-3]
Halalu-JaHH/Prys jul JaHH!