Friday, May 29, 2009

Final Destination


So many things to tell you,
So much is left unsaid.
So great the need to hold you close,
To say I’ve loved you, since long before we wed.

It’s never been too easy,
To open up my heart.
I only wish that you could see,
At least I’ve made a start.

Who knows our time together,
Might not be very long.
Let’s live each day with joy and glee,
And bask in love that’s been so strong.

The day we have to say goodbye,
Somehow the other will survive.
Perhaps it’s knowing that my dearest
The final destination, has arrived.

Rien ©

Wednesday, May 27, 2009

Om Goeie Mielies te Kweek


Daar was lank gelede ’n boer wat wen mielies gekweek het. Elke jaar het hy sy mielies ingeskryf by die landbou skou en soos klokslag wen hy die blou roset vir die beste mielies in die distrik.

Een jaar het die joernalis van die plaaslike dagblad ’n onderhoud met hom gevoer en iets baie interessants geleer rondom die boer se manier van mielie verbouing. Die verslaggewer het te wete gekom dat die boer sy aanplantings saad deel met sy bure.

“Hoe kan jy dit bekostig om jou mielie saad te deel met jou bure terwyl hulle ook elke jaar inskryf vir die beste mielie kompetisie?” vra die verslaggewer aan die boer.

“Maar meneer,” sê die boer “het jy nie geweet? Die wind tel stuifmeel op van die ryp wordende mielie koppe en waai dit van saailand na saailand. Indien my bure minderwaardige gehalte mielies verbou sal kruisbestuiwing stadig maar seker die kwaliteit van my mielies nadelig beïnvloed. Indien ek goeie mielies wil hê moet ek my bure help sodat hulle ook goeie mielies verbou.”

Die boer was terdeë bewus van die mens se interafhanklikheid van mekaar. Sy mielies kan nie verbeter tensy sy bure se mielies nie ook verbeter nie.

So is dit ook gesteld met ons lewens. Die wat in vrede wil lewe moet ook hul bure help om in vrede te lewe. Die wat gelukkig wil wees moet ook ander om hulle help om geluk te vind aangesien die welstand van elke een verbind is aan die welstand van almal.

Dit is moontlik om weg te gee en steeds ryker te word! Dit is ook moontlik om te styf vas te hou en alles te verloor. Ja, die vrygewige man sal ryk wees! Deurdat hy aan ander water gee, les hy ook sy eie dors.

Spreuke 11:24-25
(24) Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.
(25) Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

Monday, May 25, 2009

Hierdie Lewe


Wie ken die draad van my lewensverloop?
Deurmekaar geweef in kleur en patroon.
Vol foute en rafels, dikwels slordig geknoop.
’n Lap in ’n mengelmoes van kleure gedoop.

Het ek iemand bemoedig.
Deur ’n woord of ’n daad
Of was dit ’n nuttelose lewe
Sonder goedheid of kwaad?

Ek reik uit na my Skepper
O Heer, maak my nuut
Vorm my en buig my en snoei maar my Heer,
Sodat ek daardeur volmaaktheid kan leer.

Lei my sodat ek iewers
’n hartsnaar sal raak
Iemand laat weet, vir Christus
maak elke lewe saak.

Wie weet dalk staan ek tog eendag verstom
As die Groot Wewer kom en
My lewenspatroon ontvou
Om te sien my lewe was presies
Soos my Skepper dit wou.

©Rina

Monday, May 11, 2009

Onse Vader


Ek kannie bid ONSE as ek net vir myself leef nie .

Ek kannie bid VADER as ek nie sy kind geword het nie.

Ek kannie bid WAT IN DIE HEMEL IS as ek nog aardgebonde is nie

Ek kannie bid LAAT U NAAM GEHEILIG WORD as ek dit ydellik gebruik nie.

Ek kannie bid LAAT U KONINKRYK KOM as ek nie sy Woord uitdra nie.

Ek kannie bid LAAT U WIL GESKIED as ek altyd my eie sin wil hê nie.

Ek kannie bid om my DAAGLIKSE BROOD as ek spandabelrig lewe nie.

Ek kannie bid VERGEEF ONS ONS SKULDE as ek nie berou het nie.

Ek kannie bid SOOS ONS ONS SKULDENAARS VERGEWE en met 'n wrok rondloop nie.

Ek kannie bid AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK as ek Jesus nie dien nie

Ek kannie bid EN DIE KRAG as daar nog vrees in my hart is nie.

Ek kannie bid EN DIE HEERLIKHEID as ek my lewe regeer nie

Ek kannie bid TOT IN EWIGHEID as ek nie sy koms verwag nie.

Ek kannie sê AMEN as ek nie kinderlik glo nie.

Wednesday, May 6, 2009

The One Who’s Left Behind


If I should leave before you
don’t fret for me my dear.
I’ll always be beside you
to wipe away your tears.

You’ll find me in the slightest breeze
that cools your weary face.
And in the moonbeams too, my love
that kiss you with amazing grace.

When thinking of our life and love
look down at dewdrops on a flower.
And may our happiness and blessings
Remind you of God’s power.

If endless days are long and weary
and sleepless nights leave you weary.
Look up my dear and don’t despair
Amongst the stars, you’ll find me there.

By Rien ©