Thursday, July 31, 2008

Wyse Woorde


Woede is 'n swak adviseur.


Moet jouself nie beskerm deur 'n heining nie maar eerder deur jou vriende.


Tsjeggiese Spreuke

Wednesday, July 30, 2008

Eensame Soldaat by die Rommelhoop.


Die stryd was fel, baie soldate het gesneuwel. Ek neem plaas op ‘n klip, ‘n kort afstand vanwaar die eens blink en nuut, nou geroeste, dowwe en ingeduikte helms, borsplate, gordels, beenstutte, skoene, swaarde en skilde op die smeulend rommelhoop gestrooi is. Ekself is nie meer so goed bewapen nie. Ek het iewers in die geveg my gordel, skild en swaard verloor. My borsplaat het ‘n hele paar merkbare duike in. Ek kruip nou maar so bietjie hier by die rommelhoop weg. Ek treur oor my makkers wat geval het en ek vrees want my eie lewe is in gevaar.

My gedagtes moes baie vêr gewees het want dit is eers toe Hy direk voor my staan dat ek van Sy teenwoordigheid bewus geraak het. Ek het geskrik, maar toe ek opkyk na Hom, merk ek trane in Sy oë en hartseer op Sy gesig. Die uitdrukking op Sy gesig het my eie gevoel van verslaenheid weerspieël. Hy het langs my plaasgeneem en my vraend aangekyk. Ek het gedink dat Hy dalk die Vader van een van die gesneuwelde soldate was. Ek het die hele geveg breedvoerig uitgelê. Ek het gepraat en gepraat totdat ek ook my hele lewensverhaal voor Hom uitgestort het. Ek het Hom nie die geleentheid gegee om ‘n enkele word te sê nie, net voort gebabbel. Eers later het ek verleë stilgebly.

Hy het oorgeleun en my hand in Sy Hand geplaas. “Hulle was almal My stryders en kinders” het Hy in Sy sagte rustige stem gesê. “Hulle het so passievol vir die stryd aangemeld. Ek het hulle toegerus met die beste Wapenrusting uit die Hemelse Arsenaal. Hulle het so mooi gelyk, en so hard geoefen. Dit het goed gegaan, maar later het hulle hul paraatheid verloor, die hande het gehang, die knieë het swak geword en die binneste het gesterf.”

Ek het die teleurstelling in Sy stem gehoor. Ek het skaam, nederig en skuldig voor Hom gevoel. Ek wou my hand uit Sy hand wegtrek maar Hy het dit stewig vasgehou. Hy het afgekyk na my met soveel liefde en begrip dat die trane vrylik begin loop het. “Wat moet ek nou doen” het ek deur die trane geprewel.

“My kind, Ek verseker jou dat God julle nooit sou toegerus het met ‘n sterk Hemelse wapenrusting, as die slag wat gelewer word nie eg was nie. Satan is ‘n bekwame generaal. Hy verberg sy soldate agter mure en bome en in loopgrawe. Hy is slu en subtiel. Hy is ook baie geduldig. Hy wag net totdat God se stryders en kinders maar slegs ‘n gedeelte van die wapenuitrusting uittrek. Dan slaan hy toe en hy sal poog om hulle met een hou of pyl neer te fel”

“Opregte gebed, innige geloof en volharding sal weer:
Die Gordel van Waarheid laat skitter en blink,
Die Borsplaat glad poleer en dig rondom die bors laat sluit,
Die Helm laat blink in die son.
Die duike in die Skild uitklop wat deur die vurige pyle van Satan getref is.
Die Swaard van die Gees slyp tot ‘n nuwe glans, dit sal ook krag gee aan jou arm om die Swaard te swaai”.

Hy het my beduie na wapenrusting so entjie weg en daar sien ek my Swaard, Skild en Gordel wat ek verloor het.

“Deur opregte gebed, innige geloof en volharding kan julle hierdie Wapenrusting van God dra tot die dag van julle dood”

“Slegs deur oefening en volharding word julle gelei na oorwinning. Daar is ‘n prys vir elkeen wat oorwin, eerste of laaste. Die prys is ‘n Goue Glorieryke plek by ons Vader in die Hemel”.

Hy het my opgehelp van die klip waar ons gesit het. Hy het nog steeds my hand vasgehou toe ons weggestap het van die verlede af. Hy hou nog steeds my hand vas waar ek die toekoms instap. My hart juig en ek huil van vreugde, want ek het nog ‘n kans gekry.

Elizabeth vd Schyff

Tuesday, July 29, 2008

Afrika Spreuke


Don't set sail on someone else's star.


(hierdie een hou ek in Engels ander gaan die betekenis daarvan verlore)

(Moenie jou geluk probeer bou op iemand anders se drome nie)


Wanneer 'n naald in 'n baie diep put val, sal baie mense in die put afkyk maar baie min sal bereid wees om agter die naald aan te gaan.

Monday, July 28, 2008

Die Krag van Woorde


‘n Groepie paddas het deur die woud gereis en twee van hulle het in ‘n baie diep put geval. Al die ander paddas het rondom die put vergader. Toe hulle sien hoe diep die put was, vertel hulle die twee paddas dat hulle so goed as dood is.

Die twee paddas het die kommentare geïgnoreer en probeer om uit die put te spring so al wat hulle werd is. Die ander paddas het aan hulle vertel dat hulle maar net sowel kan ophou spring want hulle is so goed as dood is. Uiteindelik, het een van die paddas gehoor gegee aan wat die ander paddas gesê het en moed opgegee. Met sy laaste sprong poging het hy neergeval en dood gegaan.

Die ander padda het steeds gespring so hard en hoog hy kon. Weereens het die paddas buite die put vir hom gegil om op te hou om homself so te pynig en maar eerder rustig te raak en kalm dood te gaan. Maar die padda het net harder gespring en uiteindelik maak hy dit toe om uit die put te kom.

Toe hy uit die put is vra die ander paddas aan hom, “Het jy ons nie gehoor nie?” Die padda verduidelik toe aan hulle dat hy doof is en dat hy onder die indruk was dat hulle almal hom die heeltyd aangemoedig het om nog harder te probeer.

Die storietjie gee ons baie om oor te dink naamlik:
1. ‘n Bemoedigende woord aan iemand wat platgeslaan is kan hulle aanmoedig om op te staan en hul doelwit te bereik.
2. Vernietigende woorde aan iemand wat platgeslaan is kan ‘n negatiewe effek hê. Wees versigtig met dit wat sy sê.

Mark Russel se aanhaling oor woorde is baie waar:
Die sneeu mag glad en sag lyk maar die rotse daaronder is skerp!

Is die woorde wat jy uiter aan ander bemoedigend sodat hulle aanhou spring om uit te kom of laat jou woorde hulle moed opgee en gaan lê?

Tuesday, July 22, 2008

God


Het jy 'n bewys nodig van God se bestaan? Skakel jy 'n flitslig aan om die son te sien?

Japanese spreuk

Woorde


Jy behoort eerder jou woorde te weeg as om hulle te tel.

Thursday, July 17, 2008

Ek Wil die Wêreld Verander


Toe ek ‘n jong man was, wou ek die wêreld verander.

Ek het gevind dat dit moeilik is om die wêreld te verander, dus het ek probeer om my volk te verander.

Toe ek vind dat ek nie my volk kon verander nie, het ek begin fokus op my dorp. Ek kon nie my dorp verander nie en, as ‘n heelwat ouer man, het ek probeer om my gesin te verander.

Nou, as ‘n ou man, besef ek dat die enigste ding wat ek kan verander is myself en skielik besef ek dat indien ek lank gelede myself verander het kon ek ‘n inpak op my gesin gehad het. My gesin en ek kon ‘n inpak gemaak het op ons dorp. Hulle inpak kon die volk verander het en ek kon op die manier wel die wêreld verander het.

Onbekende Monnik

Monday, July 14, 2008

Die Wyse Vrou


‘n Wyse vrou wat deur die berge op reis was het, het in ‘n bergstroompie ‘n baie kosbare edelsteen opgetel. Die volgende dag ontmoet sy ‘n ander reisiger wat honger en moeg was. Die wyse ou vrou het haar reissak oopgemaak om haar kos saam met die honger reisiger te deel.
Die honger reisiger het die kosbare edelsteen in die wyse vrou se reissak opgemerk en aan haar gevra of sy nie die edelsteen aan hom wil gee nie. Sy het dit gedoen sonder aarseling.

Die reisiger is daar weg, baie ingenome met die goeie geluk wat hom te beurt geval het. Hy het geweet die edelsteen se waarde is van so ‘n aard dat hy vir die res van sy lewe hom nie meer sal hoef te kwel oor geld nie.

Maar, na ‘n paar dae, keer hy terug na die wyse vrou om die kosbare edelsteen aan haar terug te gee. “Ek het gedink,” sê hy. “Ek weet hoe waardevol die edelsteen is, maar ek gee dit terug in die hoop dat jy aan my iets anders kan gee wat meer waardevol is. Gee aan my wat binne jouself is, wat gemaak het dat jy die kosbare edelsteen aan my gegee het.”

Soms is dit nie rykdom wat jy het nie, maar wat binne jouself is wat ander nodig het.

Friday, July 11, 2008

"May God grant you always......


"May God grant you always......

A sunbeam to warm you,
a moonbeam to charm you,
a sheltering Angel so nothing can harm you.
Laughter to cheer you.
Faithful friends near you.
And whenever you pray,
Heaven to hear you."


Irish Blessing

Skool Telefoon Opsies………Kaliforniese Skool


“Hello! U is nou by die outomatiese antwoord diens van u skool. Ten einde u in staat te stel om met die regte onderwyser in kontak te kom, luister asb. eers na al die opsies voordat u die keuse maak:

- Om te jok hoekom jou kind nie vandag by die skool kan wees nie – Druk 1

- Om verskoning te maak hoekom jou kind nie sy huiswerk gedoen het nie –
Druk 2

- Om te kla oor wat ons doen – Druk 3

- Om personeel te vloek - Druk 4

- Om uit te vind oor inligting wat reeds per kennisgewing in u kind se huiswerk boek aangestuur is – Druk 5

- Indien u verlang dat ons u kind moet grootmaak – Druk 6

- Indien u graag wil uitreik en iemand klap of slaan – Druk 7

- Om te versoek dat u kind oorgeplaas word na ‘n ander onderwyser, vir die derde maal die jaar – Druk 8

- Om te kla oor die busvervoer – Druk 9

- Om te kla oor die kos wat die skool voorsien – Druk 0
- Indien u besef dat dit die werklike lewe is en dat u kind verantwoordelik is en rekenskap moet gee vir sy / haar eie gedrag, klas werk en huiswerk. Dat nie net die onderwyser te blameer is vir u kind se gebrek aan moeite met sy / haar skoolwerk nie – Lui af en geniet u dag!

Thursday, July 10, 2008

Val


"Dit is nie hoe ons val nie maar eerder hoe ons onsself van die grond af optel wat ons karakter definieer."

Daaglikse Wyshede

Die wat hier lees het seker nou al agtergekom dat die daaglikse inspirasie stukkies eintlik elke 2de dag inspirasie is aangesien ek probeer (as niks voorval en die Genade my toelaat) om Maandae, Woensdae en Vrydae inspirasie stukkies te plaas.
Ek wil nou die ander dae tussenin, Dinsdae en Donderdae en miskien Sondae inspirerende wyshede en spreekwoorde plaas - sal ons maar sê, tussenin vullertjies. Ek sal sover moontlik hulle vertaal sodat ons dit ook in ons eie Moedertaal dit kan waardeer. Indien die "punch line" verlore sal gaan tydens vertaling sal ek dit eerder in engels hou.

Laat weet maar of julle daarvan hou of nie.

"In die lewe kan jy nooit te goed of te opreg wees nie want almal wat jy ontmoet dra 'n sware las. Indien jy jou dag so spandeer dat jy uitdrukking gee aan jou goedheid en opregtheid teenoor almal wat jy ontmoet, sal jy 'n gevoel van warmte en blydskap agterlaat. Daarmee sal jy help om ander se laste ligter te maak waarmee hulle worstel."

Brian Tracy

Wednesday, July 9, 2008

Rotse en Sand


‘n Filosofie professor staan voor sy klas met ‘n paar items voor hom op sy lessenaar. Met die aanvang van sy klas, het hy woordeloos, ‘n leë inmaak fles opgetel en voortgegaan om die fles te vul met klein rotse van so ongeveer 5cm in deursnee.

Hy vra toe aan die studente of die fles vol is. Hulle almal stem saam dat die fles vol rotse is. Die professor tel toe ‘n dosie met klein klippies op en gooi dit in die fles. Hy het die fles liggies geskud. Die klein klippies het toe soos verwag in die oop spasies tussen die rotse ingerol.

Weereens vra hy die studente of die fles vol is. Hulle stem almal weer saam terwyl hulle onderlang lag.

Die professor tel toe ‘n dosie met sand op en gooi dit binne in die fles. Die sand het alle oorblywende openinge tussen die rotse en klippies opgevul.

“Nou,” sê die professor, “Ek wil hê dat julle hierdie fles moet sien as jou lewe. Die rotse is die belangrike dinge – soos jou God, jou eggenoot, jou kinders, jou familie, jou gesondheid – enigiets wat so belangrik is vir jou dat as jy dit sou verloor jy feitlik vernietig sal wees.”

“Die klippies is die ander dinge wat saak maak soos jou werk, jou huis, jou vriende.”

“Die sand is al die ander dinge. Die klein goedjies.”

“Indien jy die sand eerste in die fles plaas sal jy nie al die klippies en rotse ingepas kry nie. Dieselfde geld vir jou lewe. Indien jy al jou energie en tyd spandeer op die klein dinge sal jy nooit plek hê vir die dinge wat werklik belangrik is in die lewe nie.”

“Gee aandag aan die dinge wat krities is vir jou eie geluk. Leer jou Skepper intiem ken, speel met jou kinders, gee aandag aan jou eggenoot se behoeftes, sien om na jou gesondheid. Daar sal altyd tyd wees vir die minder belangrike.

“Gee eerste aandag aan die rotse – die dinge wat regtig saakmaak. Kry jou prioriteite reg. Die res is maar net sand.”

Monday, July 7, 2008

Ek Glo…..


Ek glo-
Dit maak nie saak hoe ‘n goeie vriend iemand is nie, so nou en dan gaan hulle jou seermaak en ons moet hulle daarvoor vergewe.

Ek glo-
Dat ware vriendskap hou aan om te groei self oor die langste afstande.
Dieselfde geld vir ware liefde.

Ek glo-
Dat jy iets in ‘n oomblik kan doen wat jou hartseer vir ‘n leeftyd kan besorg.

Ek glo-
Dit sal my ‘n lang tyd neem om die persoon te word wat ek graag wil wees.

Ek glo-
Dat jy altyd geliefdes moet totsiens groet met liefdevolle woorde. Dit mag dalk die laaste keer wees wat jy hulle sien.

Ek glo-
Dat jy nog lank kan aangaan nadat jy al wou moed opgee.

Ek glo-
Dat ons verantwoordelik is vir wat ons doen, maak nie saak hoe ons voel nie.

Ek glo-
Dat óf jy beheer jou houding óf jou houding beheer jou.

Ek glo-
Dit maak nie saak hoe warm en stomend ‘n verhouding aanvanklik is nie, die passie verminder later dan beter daar iets wees om die plek daarvan in te neem.

Ek glo-
Dat helde is mense wat doen wat gedoen moet word wanneer dit nodig is ongeag die gevolge.

Ek glo-
Dat geld ‘n swak manier is om telling te hou.

Ek glo-
Dat ek en my beste vriend kan enigiets of absoluut niks doen en nog steeds die beste tyd saam geniet.

Ek glo-
Dat soms is dit die mense wat jy verwag wat jou gaan skop terwyl jy lê, die is wat jou weer ophelp.

Ek glo-
Dat soms wanneer ek kwaad is, ek die reg het om kwaad te wees, maar dit gee my nie die reg om wreed te wees nie.

Ek glo-
Dat net omdat iemand jou nie liefhet op die manier wat jy dit graag wil hê nie, beteken dit nie dat hulle jou nie liefhet met alles wat hulle het nie.

Ek glo-
Dat rypheid het meer te doen met die tipe en verskeidenheid ondervinding wat jy gehad het en wat jy daaruit geleer het en minder te doen met die aantal verjaarsdae wat jy al gevier het.

Ek glo-
Dat dit nie altyd genoeg is om deur ander vergewe te word nie
Soms moet jy leer om ook jouself te vergewe.

Ek glo-
Dit maak nie saak hoe erg jou hart gebreek is nie, die wêreld stop nie vir jou verdriet nie.

Ek glo-
Dat ons opvoeding en agtergrond ons mag beïnvloed wie ons is, maar ons is verantwoordelik vir wie ons word.

Ek glo-
Dat net omdat twee mense stry en baklei, beteken nie dat hulle nie lief is vir mekaar nie. Omdat hulle nie stry en baklei beteken ook nie die teendeel nie.

Ek glo-
Dat jy nie so gretig moet wees om ‘n geheim uit te vind nie. Dit mag jou lewe vir altyd verander.

Ek glo-
Dat twee mense na presies dieselfde ding kan kyk en steeds twee verskillende goed sien.

Ek glo-
Dat jou lewe in ‘n kwessie van ure verander kan word deur mense wat jy glad nie eens ken nie.

Ek glo-
Dat alhoewel jy mag dink jy het niks meer om te gee nie, sal ‘n vriend in nood na jou uitroep en jy sal die krag vind om uit te help.
Ek glo-
Dat kwalifikasies teen die muur maak glad nie van jou ‘n goeie mens nie.

Ek glo-
Dat die mense vir wie jy die meeste omgee in die lewe is die essensie van jou bestaan. Vertel hulle vandag hoeveel jy hulle liefhet en wat hulle vir jou beteken.